FOTO: Verskaf
Ná die suksesvolle vrystellings van haar twee enkelsnitte Sonop-Blom en Die Hart is Bernice West se langverwagte debuutalbum Net Geleen pas vrygestel.
LEES OOK: Bernice West steel ‘die hart’ met nuwe enkelsnit
Dié nuweling, wat as naaswenner van kykNET se gewilde talentsoekkompetisie Maak my Famous gekroon is, verlede jaar beloof om ’n nuwe evolusie in Afrikaanse musiek te skep met haar unike styl en asemrowende stem.
Die album bevat 14 oorspronklike snitte wat uit Bernice se eie pen kom. Alhoewel die album nie aan ’n sekere genre of tema gekoppel is nie, is elke liedjie anders en onvoorspelbaar. “Dis soos ’n lucky packet vol lekkers – nie een liedjie is dieselfde nie. Dis wel ’n collection van memories uit my grootword jare,” het Berncie gesê.
Haar besluit op die titel van die album is eenvoudig: niks van dié geleenthede wat aan haar gebied is, behoort aan haar nie, maar dit alles gebeur deur die genade van God en net hy sal dit aan haar leen.
“Die doel was om heeltemal uit die boks te klim met die album en om iets te maak wat niemand al gehoor het nie,” sê Bernice. Hierdie uitdaging was met tye groot om ’n balans tussen iets nuuts en iets wat kommersieel kan werk te vind.
“Dit was nogal snaaks… ek is glad nie Engels nie, maar my vervaardiger Robin Kylie is 100% Engels. Die kommunikasiegaping was met tye groot, maar dit het bygedra tot die lekker van die opname van die album.”
Luister die album hier op Apple Music:
- Net Geleen is nou by alle goeie musiekwinkels soos Musica en Echo’s Record Bar beskikbaar.
- Die album kan ook aanlyn op Apple Music, Spotify, Deezer, JOOX en YouTube Music gevind word.
- Volg Berince op Facebook of Instagram om ophoogte te bly van haar loopbaan.