Bernice West steel ‘die hart’ met haar nuwe enkelsnit

FOTO: Verskaf

As die naam bekend lyk, as die stem bekend klink is dit maar net die begin van jou avontuur saam met Bernice West.

Dié nuweling se unieke styl en asemrowende stem gaan jou verras – ’n volgende stap in die evolusie van Afrikaanse pop musiek as’t ware.

Ná die reuse sukses van haar eerste enkelsnit, Sonop-Blom, wat nommer een op Apple Music se Afrikaanse enkelsnit lys was, is sy terug met haar nuutste meesterstuk, Die Hart.

Die Hart is ’n selfgeskrewe lied deur Bernice waar sy gecolab het met ’n love letter wat in ’n mengsel van ’n pop/rock/alternative en ’n bietjie maskandi genre gekomponeer is. Die lied gaan oor die “common line” wat verliefdes gewoonlik gebruik “jy het my hart gesteel”, maar net om dit bietjie meer te verfris het sy in plaas daarvan om te sê “my hart” die biologies terme van die hart ontleed en dit gebruik om te insinueer dat die hart gesteel is.

Die liedjie is geïnspireer deur een random ou wat op skool vir Benrice gevra het of sy vir sy meisie ’n liedjie kan skryf, sy het gedink dis akward, want sy ken nie hom of sy meisie nie en sy het nog nooit vir ’n meisie ’n liefdes liedjie geskryf nie, maar sy het wel die uitdaging aanvaar en hy het ook sy inset in van die lirieke gelewer.

“Vir my is dit iets baie algemeen waarmee almal sal kan relate, want meeste van ons se harte was al gesteel of al was jy dalk nooit so erg verlief nie het jy dalk al so hard gecrush dat dit vir jou voel of jou hart gesteel is. Ek glo die publiek sal dit met oop hande kan ontvang en daarvan hou omrede dit baie relatable is, en dit ’n fun, up-beat lied is en die lirieke is iets vars op die Suid-Afrikaanse mark se oor,” het Bernice gesê.

Die Hart se musiekvideo is ’n live performance video, maar aangesien lockdown bymekaarkoms belemmer het, en sy nie ’n live band kon inkry nie het dit veroorsaak dat sy as vyf verskillende karakters moes aantrek en self haar eie band moes wees.

Kyk die musiekvideo hier:

“Ons het gewerk met dit wat ons gehad het en ons het by ons situasie aangepas, ons het baie fun gehad op stel al was ons net drie mense en die idee was geïnspireer deur my en Jannes Erasmus. Die lockdown het veroorsaak dat Jannes en Daniel Rademeyer hulle kreatiwiteit op ’n ander level moes toets om die video moontlik te maak en hulle moes slim edit om dit steeds catchy en vars te laat lyk, dit was nie maklik om by die omstandighede aan te pas nie, maar soms word kreatiwiteit die beste getoets as jy die minste het om mee te werk.” 

Die Hart is nou op alle digitale musiekplatvorms beskikbaar.