Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Ons vat vyf met die manne van Victor Bravo
Nuus

Ons vat vyf met die manne van Victor Bravo

Fanie Nel9 Junie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Victor Bravo se jongste enkelsnit is onlangs vrygestel – en Fanie Nel het vyf gevat met dié manne! 

LEES OOK: Duo, Victor Bravo, vier hul herkoms met nuwe enkelsnit

Vertel ons meer van jul nuwe enkelsnit. 

Weco: Suiderkruis is ’n kontemporêre popsnit. Dit is deur my geskryf en Jopie het die akoestiese en elektriese kitaarwerk gedoen. Die liedjie is vervaardig deur Renier Henning Music en sluit die werk van bekende dromspeler, Bruce Wallace, en baskitaarspeler, Janes Blomerus, in. Basies gaan dit oor Suid-Afrika en hoe baie jy daarna verlang wanneer jy nie hier is nie… al probeer jy jouself soms anders oortuig. Ek het dit eerstehands ervaar toe ek vir drie jaar in Amerika ‘groener weivelde’ gaan soek het. Jy bly ’n Suid-Afrikaner in murg-en-been. Rugby, braaivleis, en ons taal vloei deur jou are en ’n deel van jou gaan altyd daarna verlang.

Jopie: Dis ’n liedjie wat gaan oor wegdwaal na ’n ander land en weg van die huis af, soos wat baie Suid-Afrikaners maar doen. Die klem lê egter in die feit dat niks anders ooit soos die huis sal voel nie en dat jy altyd sal weet waarheen om na terug te keer.

Wat is die waardevolste les wat die inperking julle geleer het?

Weco: Dat jy nie moet uitstel as jy iets wil doen of iemand wil sien nie, want môre mag dalk baie anders uitdraai as wat jy gedink het. ’n Mens moenie net alles as vanselfsprekend ervaar nie.

Jopie: Dat ons nie altyd die waarde in die klein, alledaagse interaskies raaksien en besef hoe belangrik dit vir ons psige is nie. 

Watter boodskap wil julle met julle musiek oordra?

Weco: Almal van ons se omstandighede verskil en daarom heg elkeen verskillende waarde aan lirieke. Ons musiek moet wees watookal die luisteraar nodig het dit moet wees op daardie spesifieke oomblik wat hulle dit hoor. Dit moet jet fuel wees vir die ouens wat wil kuier en dit geniet, maar dit moet ook ’n sagte vertroosting wees vir enigiemand wat op daardie oomblik ’n skouer soek om op te huil.

Jopie: Ek dink nie het ons het een vaste boodskap wat ons kan opsom nie, omdat ons liedjies so baie van mekaar verskil. So vir my is die boodskap wat ons oordra watookal luisteraars daaruit kan vat. 

Beskryf die groep in ’n neutedop.

Weco: Die projek, Victor Bravo, is so drie jaar terug gebore as ’n konsep in my kop. Die idee was om ’n platform te skep uitsluitlik vir musiek, sonder die ander sideshows. Om terug te gaan na hoe musiek was toe daar nie veel meer as lewendige vertonings en basiese opnames was nie. In ons wildste drome, het ons nie verwag dat gehore dit so baie sou geniet, of dat dit tot vele optredes sou lei nie. Ons is ’n akoestiese duo wat musiek maak wat met die hart praat – hetsy dit deur middel van ons oorspronklike liedjies of ons weergawe van bestaande werke is. Omdat ons albei ‘ou siele’ is wanneer dit by musiek kom en versot is op blues, is daar altyd elemente daarvan in ons musiek teenwoordig.

Jopie: Ons is twee rustige musiekliefhebbers, wat op die einde van die dag net musiek wil maak wat ons geniet. 

Watter toekomsdrome het julle? 

Weco: Ons wil graag aanhou om ons musiek met gehore te deel en te doen waarvoor ons lief is. Tans is ons besig om die inhoud vir ons eerste vollengte album te finaliseer en om aan nuwe materiaal vir optredes te skaaf.

Jopie: Definitief om ’n vollengte album agter ons naam te hê en op groter stages op te tree – saam met groot name – sodat ons raakgesien kan word deur diegene wat ons waardevol vind.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.