FOTO: Verskaf
Die gewilde alternatiewe Afrikaanse rock-groep Spoegwolf se album Koma het nommer een posisie van die Apple Music-albumtreffersparade die afgelope naweek ingeneem.
LEES OOK: Spoegwolf maak nuwe musiek
Oor dié prestasie het Spoegwolf gesê: “Soms droom ʼn mens van ʼn fiets vir jou verjaardag. Dan word jy wakker en die hele Afrikaanse gemeenskap het bygedra om vir jou ʼn Ferrari te koop. Dis hoe dit voel om die eerste Afrikaanse album in die nommer een-posisie op Apple Music te hê!”
Die Stellenbosse groep bestaan uit Danie du Toit (sang en kitaar), Chris von Wielligh (kitaar en klavier), Albert van der Merwe (baskitaar en sang) en Moskou du Toit (tromme, perkussie en sang).
Du Toit het die titel van die album, Koma, só verduidelik: “Dis ʼn konsepalbum wat gaan oor trauma. Daarom het ons gedink die idee van ʼn koma pas perfek. Die liedjies gaan oor iemand met wie nare goed gebeur – val, opstaan … val, weer opstaan … om dan op die ou einde te besef niks anders bly oor nie as die wesenlike droom van liefde en die bietjie lig wat diep in hom vonk. Die luisterervaring moet voel soos ʼn diepe slaap; soos ʼn koma.”
Groot treffers op die album sluit in Blou, Storm, Lenie Blou lll en Die Rivier.
Die CD van Koma, wat bestaan uit veertien snitte, is op Apple Music beskibaar.
Luister die album hier:
Met meer as 50 miljoen liedjies tot jou beskikking bied Apple Music ʼn drie maande proeftydperk sonder enige verpligting en sonder enige advertensies. Apple Music is die tuiste van al jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars en bied die grootste verskeidenheid Afrikaanse speellyste, onder meer Die A-lys Afrikaans, asook kurator-vennootskappe met van die vernaamste Afrikaanse platemaatskappye soos In Afrikaans, Select Musiek en 100% Afrikaans. Apple Music is beskikbaar op iPhone en iPad en kan ook afgelaai word by Google Play vir Android-toestelle.