Wen ’n Tussen Sterre-geskenkpak

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om ’n Tussen Sterre-geskenkpak (hoed, t-hemp, CD en ’n getekende plakkaat) los te slaan.

Vanaf 1 tot 4 Februarie 2019 gaan Bobby van Jaarsveld saam met vyf van sy vriende – Karlien van Jaarsveld, Stefan B, Leah, Willem Botha en Tussen Sterre – op die splinternuwe MSC Musica van Durban na die Portuguese Eiland vaar. En die goeie nuus, jy word as eregas genooi om saam te kom vaar op die ‘beste kuier ooit’.

Bobby, wie se ma en bestuurder Ronel Brink, met die idee van ’n konsert-bootreis voorendag gekom het, sê dat hy gewoonlik vriende kry wat ’n lekker show kan gee en voel beslis dat dié vriende in die kol is. “Ek’s bly sy het met die idee na vore gekom, want dit bly een van die lekkerste gigs van die jaar,” vertel Bobby.

LEES OOK: Bobby en Vriende Bootreis: ‘Beste kuier ooit!’

Jy kan ’n Tussen Sterre-geskenkpak losslaan.

Inskrywingsmetode:

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om ’n Tussen Sterre-geskenkpak te wen.

Inskrywingstydperk:

Inskrywings open Dinsdag, 27 November om 09:00 en sluit Vrydag, 7 Desember om 09:00.

Prys:

’n Tussen Sterre-geskenkpak.

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

– Die wenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna op Afrikaanse Films se webblad aangekondig word.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.

HIERDIE KOMPETISIE HET GESLUIT. DIE WENNER WORD BINNEKORT BEKEND GEMAAK.