Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Wen»Wen een van twee kaartjies na Posduif se Weiveld-optrede
Wen

Wen een van twee kaartjies na Posduif se Weiveld-optrede

Redaksiespan7 Oktober 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Tyler Walker – Big Red Photography

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om een van twee kaartjies vir Posduif se konsert by Weiveld in Pretoria op Saterdag, 12 Oktober 2019 los te slaan!

Posduif se jongste enkelsnit Laat val die water, is onlangs vrygestel en hierdie treffende liedjie kan reeds op radiostasies landwyd gehoor word. Dié liedjie wat deur die groep beskryf word as ’n snit met ’n “lekkerluister-aanslag”, spog met dieselfde opbouende boodskap en unieke klank waarvoor Posduif bekendheid verwerf het.   

Die groep is eerskomende Saterdagaand, 12 Oktober 2019 by Weiveld in Pretoria te sien. Kaartjies kos R70 per persoon en kan by Ticketpro gekoop word, maar daar sal ook kaartjies by die deur beskikbaar wees. Deure open om 19:00 en die vertoning sal om 20:30 begin.

Posduif beloof om ’n energieke vertoning na Weiveld te bring hierdie Saterdagaand soos nét hierdie 6-stuk groep kan! ’n Ondervinding wat enige musiekliefhebber beslig nie moet misloop nie! Hulle musiek vind aanklank by ’n wye gehoor en hulle goedvoelliedjies sal jou nie net in ’n goeie bui plaas nie, maar die unieke plaaslike ritmes sal jou ook uitnooi om saam te sing en dans.

Jy kan een van twee kaartjies na Posduif se konsert by Weiveld op Saterdag, 12 Oktober wen. 

Inskrywingsmetode:

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om een van twee kaartjies na Posduif se Weiveld-optrede te wen.  

Inskrywingstydperk:

Inskrywings open Maandag, 7 Oktober om 10:00 en sluit Donderdag, 10 Oktober om 17:00.

Prys:

Een van twee kaartjies na Posduif se konsert by Weiveld in Pretoria. 

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

– Die wenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna op Afrikaanse Musieknuus se webblad aangekondig word.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Wenners is verantwoordelik vir verblyf, sowel as vervoer van en na die konsert.

HIERDIE KOMPETISIE IS GESLUIT. DIE WENNERS WORD BINNEKORT AANGEKONDIG.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Boys R Back: Reis terug in tyd na die goue era van boybands
Wen een van tien kaartjies vir Afrikaans Gaan Global
Wen een van drie dubbelkaartjies vir die Kirstenbosch Summer Concert
Wen ’n Tussen Sterre-geskenkpak

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.