Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Bobby en Vriende Bootreis: ‘Beste kuier ooit!’
Nuus

Bobby en Vriende Bootreis: ‘Beste kuier ooit!’

Redaksiespan26 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Vanaf 1 tot 4 Februarie 2019 gaan Bobby van Jaarsveld saam met vyf van sy vriende – Karlien van Jaarsveld, Stefan B, Leah, Willem Botha en Tussen Sterre – op die splinternuwe MSC Musica van Durban na die Portuguese Eiland vaar. En die goeie nuus, jy word as eregas genooi om saam te kom vaar op die ‘beste kuier ooit’.

SKRYF IN: Wen ’n Tussen Sterre-geskenkpak

Bobby, wie se ma en bestuurder Ronel Brink, met die idee van ’n konsert-bootreis voorendag gekom het, sê dat hy gewoonlik vriende kry wat ’n lekker show kan gee en voel beslis dat dié vriende in die kol is. “Ek’s bly sy het met die idee na vore gekom, want dit bly een van die lekkerste gigs van die jaar,” vertel Bobby.

Diegene wat reeds hul kajuit bespreek het kan uitsien na ’n volgepakte program. Op Vrydag, 1 Februarie skop die program met ’n sokkie saam met Stefan B, Leah, Willem Botha en Tussen Sterre af. Op Saterdag, 2 Februarie gooi die skip anker af op die Portuguese Eiland – ’n eilanddag met watersport en mengeldrankies is op die program, waarna daar die aand ’n heerlike tropiese partytjie op die dek aangebied word. Sondag, 3 Februarie sluit die broer en suster, Bobby en Karlien van Jaarsveld, die program af in ’n ‘state of the art’-teater met ’n vol orkes.

“Die sokkie, wat Vrydagaand plaasvind, is ’n nuwe toevoeging en ek dink dit gaan lekker wees,” vertel Bobby oor dié reis wat vir ’n derde keer aangebied word.

Huiwer jy egter nog om jou kajuit te bespreek? “Hierdie is die beste en lekkerste kuier ooit! Jy kan ontspan vandat jy voete op die skip sit totdat jy afklim. Dit is pret van begin tot einde,” motiveer Bobby.

Besprekings vir die Bobby en Vriende Bootreis is nóú oop. Skakel 087 075 08 05 of klik hier – met jou bespreking dui aan: Bobby & Vriende/Friends Theme Cruise.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.