Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Ek ♥ die Vrystaat

Ek ♥ die Vrystaat vier Afrikaans!

Redaksiespan14 Augustus 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Dit is amper tyd vir die vierde Ek ♥ die Vrystaat-fees in Bloemfontein en hierdie een gaan nog beter en groter wees as van te vore.

Feesgangers kan solank 22 September 2018 in hul dagboek merk vir die kuier-van-die-jaar by Bains Lodge wat nie misloop mag word nie.

Oudergewoonte kan feesgangers verwag om 12 van die grootste Afrikaanse kunstenaars in die land, asook interessante stalletjies, heerlike wyn en ander drankies, en die lekkerste kos en snoeperye op die platteland by dié geleentheid raak te loop.

“Die idee vir die Ek ♥ die Vrystaat-fees het ontstaan omdat Bloemfontein die mees sentrale punt van ons land is en geen Afrikaanse konserte gehuisves het nie. Soveel paaie loop na en deur Bloemfontein na die res van die land en die Vrystaters was uitgehonger vir hulle eie unieke Afrikaanse fees,” verklap feeseienaar, Leon Pheiffer.

“Dit gaan ’n heerlike familie-kuierdag wees, propvol Bloem-baldadigheid, met kunstenaars op die verhoog, die kroning van Mej. Ek ♥ die Vrystaat, kos- en wynstalletjies en vele meer. Die fees skop af met ’n heerlike BBP-wynproeaand en ’n eksklusiewe konsert deur sommige van die sangers, rondom die swembad by Bains Lodge op die Vrydagaand.”

Feeshekke sal om 09:00 op die dag open en besoekers sal deur die loop van die dag deur sterre soos Robbie Wessels, Leah, Ampie, Jay, Lianie May, Nádine, Joe Foster, Zamar, Tussen Sterre, Monique Steyn, Dillion Lern, Gretha Pers en Jemma vermaak word. Daar sal ook om 22:00 ’n after-party wees saam met Dewald Wasserfall. Niemand hoef dus vroeg huistoe te gaan nie…

“Hierdie jaar se informele fees maak dit anders as voorheen. Dit bring Afrikaners bymekaar om in hul eie taal onder mekaar te kuier, te dans, saam te sing en bietjie Vrystaatse samesyn te deel. Elkeen kan sy eie stoel en kombers bring en kan eet en drink van vroeg tot laat – met kinders wat oral rondhardloop en baljaar, terwyl die ouers ten volle kan ontspan”, voeg Pheiffer by.

KRY JOU KAARTJIES!

Kaartjies vir die Ek ♥ Die Vrystaat-fees is beskikbaar by www.computicket.com of by die hek (behalwe vir spesiale pakkette).

Die kaartjie-opsies waaruit jy kan kies is:

  • R180 per persoon met eie kombers of stoel;  
  • R500 per persoon vir bespreekte BBP-sitplekke en wynproe-konsert met uitgesoekte kunstenaars; en
  • R1 500 vir ’n bespreekte tafel waar ses mense kan sit.

As jy ’n plesierige Afrikaner is, wat hou van kuier, lag en goeie musiek, val die grootste musiekfees in die Vrystaat beslis so reg in jou kraal.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.