Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Nuwe Elizma Theron album is ‘kraakvars en lewenslustig’

Promosie7 Mei 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Elizma Theron is reeds ’n maand of wat besig om die wêreld aan die brand te sing met haar girl power treffer-enkelsnit, Marilyn Monroe, en nou is haar kraakvars nuwe album, Hierdie hart brand liefde, ook op die rakke!

Jy hoef net een maal na hierdie album te luister om te weet dat die omslae hulle vashou moet kén om die energie wat daaruit borrel in toom te hou. Dis ’n viering van die lewe en die liefde wat – selfs wanneer opdraende paaie en uitdagings verken word – deurgans glimlag met ’n onblusbare passie, hoop en ’n huppel in die stap.

LEES OOK: Elizma Theron straal helderder as óóit

Oor die verstek van 12 snitte word alles van meer intieme, akoestiese klanke en stem, tot volkleur pop, rock, country, simfonie en selfs ’n raps techno ingespan om tema’s van verliefdheid, daai eens-in-’n-leeftyd-liefde, oorwinning oor omstandighede, herontdekking van liefde, Godgegewe bande en vele meer te verken, sonder om vir ’n oomblik skaam te wees om jou goedsmoeds dansvloer toe te sleep!

Met snitte soos Roep my, Waterval, Jy voltooi my, Dit vat net een, It’s your turn, Wasem van my asem die titelsnit en ’n hele rits ander kry diep, noukeurig geslypte lirieke lewe in aansteeklike ritmes en dawerende vokale lyne, afgewissel met seepgladde harmonieë.

Twee snitte staan in die besonder uit: Marilyn Monroe, wat Elizma met trots opdra aan elke vrou, ongeag van hoe jy lyk, wat jou agtergrond is, hoe oud of jonk jy is, of die grootte van jou klere: “Marilyn Monroe was die toonbeeld van skoonheid en vrouwees. Met hierdie liedjie wil ek elke vrou herinner dat jy ’n Marilyn Monroe in jou het en dat dit belangriker is dat jý haar in jouself raaksien as dat die wêreld haar raaksien. Skoonheid straal van binne af buite toe… jy moet net jou innerlike Marilyn ’n bietjie loslaat!”

Sarajevo cello vertel die storie van Vedran Smailović, ook bekend as “Die tjellis van Sarajevo”, wat in 1992 die wêreld se harte aangegryp het toe hy, op die presiese plek waar 22 mense net die vorige dag in ’n mortieraanval gedood is terwyl hulle in ’n ry vir kos gestaan en wag het, sy cello opgestel het en, vir 22 dae, elke dag om 16:00, die mooiste musiek in beide protes en ‘n oproep om vrede gespeel het.

Hierdie hart brand liefde is 101% Elizma: goed gebalanseerd, eerlik, opreg en weldeurdag met tonne hart en skop!

Die album is nou op Apple Music beskikbaar. Luister hier na die album:

Promosie

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.