Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Afrikaans is Groot»Afrikaans nog nooit só groot in Moederstad nie
Afrikaans is Groot

Afrikaans nog nooit só groot in Moederstad nie

Redaksiespan11 Maart 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die immergewilde Afrikaans is Groot-musiekproduksie wat in Maart by die Grand West Casino se Grand Arena plaasvind, is só gesog dat selfs van die kunstenaars in dié produksie besluit het om hul eie spesiale gaste te nooi deur middel van sosiale media.

Monique Steyn het haar rolmodel, Mynie Grové, genooi. “Dit is baie gepas, want Mynie het juis by die Grand West Casino ’n paar motiverende woorde in my oor gefluister,” het Monique vertel.

Die veelvuldige Suid-Afrikaanse tydrenbestuurderkampioen, Sarel van der Merwe, is genooi deur Deon van der Merwe van Touch of Class, terwyl Arno Jordaan seker gemaak het rugby word ook verteenwoordig deur die Stormer spelers Eben Etsebeth, Jano Vermaak en JJ Engelbrecht te nooi.

Corlea Botha het vertel sy is ’n baie groot aanhanger van Herman Lensing, Sarie se kosredakteur, en het hom genooi want sy wil spesiaal vir hom sing.

Gaan loer gerus op Afrikaans is Groot se sosiale media wie nog op hierdie baie belangrike gastelys is.

Die vraag na kaartjies is so oorweldigend dat selfs nádat die organiseerders besluit het om ’n vierde Afrikaans is Groot-konsert op Sondag 18 Maart in Kaapstad aan te bied, daar nou slegs ’n beperkte hoeveelheid kaartjie beskikbaar is.

“Kaartjies vir die vertonings verkoop beter as enige jaar van tevore,” vertel Brendon Hargroves, uitvoerende vervaardiger van Afrikaans is Groot.

Die vierde vertoning word op Sondag, 18 Maart om 13:00 aangebied by die Grand West se Grand Arena en kaartjies vir dié vertoning verkoop ook reeds soos soetkoek. Laatslapers sal dus moet gou spring as hulle nie wil uitmis nie.

LEES OOK: Afrikaans is Groot gaan wéér groot in Kaapstad

Musiekliefhebbers kan uitsien na optredes deur Steve Hofmeyr – wat terloops baie waaghalsig is gedurende die vertoning – Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Jay en nóg vele van Suid-Afrika se top-kunstenaars.

Ouer en van die heel nuutste treffers kan gehoor word en konsertgangers sal in vervoering wees met al die spesiale effekte wat tydens die vertoning gebruik word.

Daar is ook vele verrassings en een daarvan is ’n huldeblyk aan Gé Korsten wat op ’n baie spesiale wyse ook deel word van die vertoning deur ’n fotografiese hologram-tegniek.

Ongeveer 85,000 konsertgangers woon Afrikaans is Groot in Pretoria by, wat dit die grootste musiekproduksie in Suid-Afrika maak. Die vierde Afrikaans is Groot-konsert in Kaapstad bewys dat Afrikaans beslis nog nooit só groot soos nou in die Moederstad is nie.

Daar is ook kompetisies vir diegene wat in Kaapstad na die konserte wil gaan kyk. Hou die Afrikaans is Groot sosiale media bladsye dop – lekker pryse is op die spel.

Gaan loer op Facebook (@AfrikaansisGroot), Twitter (@AfrIsGroot) en Instagram (@afrisgroot) om deel te neem en op hoogte te bly met al die nuus.

Afrikaans is Groot vind plaas op 16, 17 en 18 Maart in die Grand Arena by GrandWest, Kaapstad. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000. Bespreek ook aanlyn.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!
Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!
Die GrootJol toer die land plat in 2023!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.