Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Kaleidoskoop se jongste album kry ’n naam

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link
Foto Kaleidoskoop Klein
Kaleidoskoop: Verskaf

Die talentvolle akoestiese musiekgroep, Kaleidoskoop, het dit reggekry om die afgelope tien jaar die harte van musiekliefhebbers regoor die land te verower. Hierdie Huisgenoot Tempo-bekroonde (Beste Kontemporêre Album 2012) en Ghoema-genomineerde (Nuweling van die Jaar, Beste Kontemporêre Album, Musiekvideo van die Jaar) sang-duo is self verantwoordelik vir elke aspek van hulle musiek en bied aan luisteraars ’n hoendervleismooi akoestiese klank, vermeng met ’n magiese kombinasie van melodieë en instrumente – wat nie net aanklank vind by gehore van alle ouderdomme nie – maar ook getuig van hulle talent, passie en sinergie.

Die groep bestaan uit Jouba (stigterslid) en Anique Jordaan. Oor die jare, het hulle drie suksesvolle albums en ’n DVD uitgereik. Platsak (2010), wat in ’n strandhuis in Vleesbaai vervaardig is, is die ideale album om met ’n glasie rooiwyn voor die kaggelvuur te geniet. Die tweede album, Vars Uitgekerf, het talle benoemings en toekennings ingepalm en bevat hulle spesiale weergawe van die Cranberries-treffer, Zombie, wat die musiekwêreld van dag een af aan die gons gehad het. Album nommer drie, Acoustic Covers, is saam met ’n DVD uitgereik en bestaan uit Kaleidoskoop se unieke verwerkings van groot en bekende treffers deur ander kunstenaars.

Hulle splinternuwe oorspronklike album is getiteld Gunsteling Seisoen. Dit is bykans vier jaar sedert hulle ’n oorspronklike album vrygestel het. “Die afwagting in ons harte groei by die dag”, sê Jouba en Anique. “Ons hoop en glo, met elf nuwe oorspronklike liedjies uit ons albei se penne, asook twee Engelse verwerkings van bestaande liedjies, dat dit die lang wag wer gaan wees!”. Die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album getiteld, Wegbreek, is reeds gedurende November 2016 aan radiostasies landwyd uitgereik en die musiekvideo vir hierdie liedjie word eersdaags bekendgestel.

Gunsteling Seisoen word op 24, 25 en 26 Maart 2017 by die Atterbury Teater in Pretoria bekendgestel en kaartjies kan by Computicket bespreek word.

Bly ophoogte van hul loopbaan op Facebook, Twitter, Instagram of webblad.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.