Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Kaleidoskoop se jongste album kry ’n naam
Nuus

Kaleidoskoop se jongste album kry ’n naam

Redaksiespan23 Januarie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link
Foto Kaleidoskoop Klein
Kaleidoskoop: Verskaf

Die talentvolle akoestiese musiekgroep, Kaleidoskoop, het dit reggekry om die afgelope tien jaar die harte van musiekliefhebbers regoor die land te verower. Hierdie Huisgenoot Tempo-bekroonde (Beste Kontemporêre Album 2012) en Ghoema-genomineerde (Nuweling van die Jaar, Beste Kontemporêre Album, Musiekvideo van die Jaar) sang-duo is self verantwoordelik vir elke aspek van hulle musiek en bied aan luisteraars ’n hoendervleismooi akoestiese klank, vermeng met ’n magiese kombinasie van melodieë en instrumente – wat nie net aanklank vind by gehore van alle ouderdomme nie – maar ook getuig van hulle talent, passie en sinergie.

Die groep bestaan uit Jouba (stigterslid) en Anique Jordaan. Oor die jare, het hulle drie suksesvolle albums en ’n DVD uitgereik. Platsak (2010), wat in ’n strandhuis in Vleesbaai vervaardig is, is die ideale album om met ’n glasie rooiwyn voor die kaggelvuur te geniet. Die tweede album, Vars Uitgekerf, het talle benoemings en toekennings ingepalm en bevat hulle spesiale weergawe van die Cranberries-treffer, Zombie, wat die musiekwêreld van dag een af aan die gons gehad het. Album nommer drie, Acoustic Covers, is saam met ’n DVD uitgereik en bestaan uit Kaleidoskoop se unieke verwerkings van groot en bekende treffers deur ander kunstenaars.

Hulle splinternuwe oorspronklike album is getiteld Gunsteling Seisoen. Dit is bykans vier jaar sedert hulle ’n oorspronklike album vrygestel het. “Die afwagting in ons harte groei by die dag”, sê Jouba en Anique. “Ons hoop en glo, met elf nuwe oorspronklike liedjies uit ons albei se penne, asook twee Engelse verwerkings van bestaande liedjies, dat dit die lang wag wer gaan wees!”. Die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album getiteld, Wegbreek, is reeds gedurende November 2016 aan radiostasies landwyd uitgereik en die musiekvideo vir hierdie liedjie word eersdaags bekendgestel.

Gunsteling Seisoen word op 24, 25 en 26 Maart 2017 by die Atterbury Teater in Pretoria bekendgestel en kaartjies kan by Computicket bespreek word.

Bly ophoogte van hul loopbaan op Facebook, Twitter, Instagram of webblad.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.