Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Pieter Smith verheug na baba gebore is

Die sanger Pieter Smith het omtrent gejuig toe hy en sy vrou se babadogtertjie hul opwagting maak.

Sy is Donderdag om 12:26 in Pretoria met behulp van ’n keisersnee gebore. “Alexei is gebore. Ma en baba is gesond! Dank die Heer!” kondig Pieter dit op sy Facebook-blad aan.

“Ons is so opgewonde,” het Pieter op 12 Augustus verlede jaar eksklusief aan Huisgenoot gesê. “Ek word pa. Op 41!”

Yolandi was toe ongeveer vier maande swanger en Pieter onthou die dag toe Yolandi die swangerskapstoets moes doen. “Ons was natuurlik nogal op ons senuwees. Ek word nie jonger nie.”

“En gelukkig het die meeste van ons vriende dogters. Dis ’n voordeel, want ons leer maar by ons pelle. Ons het ook al ’n hele klomp presente gekry.”

Pieter en Yolandi is in November 2015 op Lambertsbaai getroud.