Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Snotkop ontruim inderhaas sy huis
Nuus

Snotkop ontruim inderhaas sy huis

Redaksiespan11 Januarie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die sanger Snotkop, oftewel Francois Henning, moes Woensdagmiddag baie vinnig ’n paar besittings bymekaarmaak en uit sy huis in Simonstad vlug toe huise daar aan die brand begin slaan.

“My ma, Esther, woon ‘n bietjie hoër bergop en sy moes eerste ontruim. Ek het gejaag om haar te gaan help en ’n paar goedjies in die kar te sit, want sy is nie meer vandag se kind nie. Ons is daarna na my huis, maar dit was nie eens ’n halfuur nie, toe hoor ons ons moet ook ontruim.”

Volgens Francois het mense nogal paniekerig geraak.

“’n Mens kan mos net aan een kant uit Simonstad uit. Daar was oral mense in karre en ’n mens het gesukkel om asem te haal. Dit het gevoel asof ek in ’n Hollywood-fliek is.”

Francois het saam met sy ma en broer, Sharl, Noordhoek toe gegaan.

“Ek het net my ma, broer, laptop en ’n paar dokumente gegryp,” vertel hy. Hulle is nie veel tyd gegun nie. “’n Mens kan letterlik net een of twee goed vat.”

Maar Francois lag toe hy vertel wat sy ma wou gryp.

“Sy wou net haar grimering en juwele vat. Ek sê vir haar: Nee, los die goed! Maar sy is bekommerd oor hoe sy môre gaan lyk as sy nie haar grimering het nie. Sy is nogal ’n show girl. Sy is erg oor haar grimering,” sê hy en lag.

“Iets skop net by ’n mens in wanneer jy in so situasie is – dit is om te oorleef – kry jou familie in die kar en die paar goed wat jy nodig het.”

Francois en sy familie bel elke dan en wan ’n nommer om uit te vind of hulle na Simonstad kan terugkeer. Hulle sal egter eers uitvind of hulle huise nog staan wanneer hulle daar kom.

“Dit is net ongelooflik om te sien hoe almal, die brandweer en nooddienste in so ’n situasie saamwerk. Hulle klop aan elke deur om seker te maak of daar mense is. Hulle roep mense oor luidsprekers. Natuurbewaring probeer bobbejane met kos uit die berge lok . . . Dit is net ongelooflik.”

Hy sê hy het gesien hoe bobbejane en selfs ’n kobra voor die vernietigende vlamme probeer vlug.

“Ek het vandag weer nuwe geloof in die mensdom gekry. Mense kla so oor die land, maar ek het vandag gesien hoe paraat mense is.”

Francois het ’n video geneem van hoe die brande in sy buurt woed:

“Dit is baie winderig en selfs al is die brand nie naby die huise nie, waai die kooltjies tot by huis en dan begin dit brand,” sê Francois. “Ek is net bly almal is veilig en dit is ’n seën dat ons almal so naby mekaar woon.”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.