Hierdie bekendes se kinders is vandag vir die eerste keer skool toe

Die nuwe skooljaar het vandag aangebreek en dié bekende sangers het hul kinders se foto’s van hul eerste dag op skool in die sosiale media gedeel.

Die sanger en Reis na Gister-aanbieder Jak de Priester se oudste, Jamie, het vandag die grootskool aangepak. “Hare gekam. Gereed vir graad 1! Sterkte my kind. Ek is daar vir jou,” het Jak op Instagram geskryf.

Hare gekam! Gereed vir Gr1! Sterkte my kind..ek is daar vir jou! #graad1

A photo posted by jak de priester (@jakdepriester) on

Dit was dubbele emosies, want hul dogter, Mija, het vandag met graad R begin. “Dit was makliker met haar. Jamie is reeds daardeur en sy het al gesien hoe ons hom by die skool aflaai en hom weer oplaai. Sy was baie opgewonde!

Die sanger Heinz Winckler en sy vrou, Aletté-Johanni Winckler, het ’n spesiale foto op Instagram gedeel van hul oudste, Lian, wat met graad 1 begin.

First day of Grade 1 for our oldest! Special!

A photo posted by Heinz Winckler (@heinz.winckler) on

Die sanger Elvis Blue en sy vrou, Chireze, se oudste dogtertjie, Lila, was met twee boksterte ook gereed vir haar eerste dag in die grootskool. “So trots op haar,” het haar pa laat hoor.

Eerste dag. So trots op haar.

A photo posted by Elvis Blue (@elvisbluemusic) on

Die sanger Kurt Darren het sy en vroulief, Dunay, se dogtertjie, Kyrah, met ‘n swaar hart by haar kleuterskool gaan aflaai.

“Eerste dag op ‘skool’; my hart breek,” het hy op Twitter geskryf.