Bok van Blerk en Hanna Grobler verwelkom eersteling

693e596046d84084b51bee590b81b9a9
Bok en Hanna

Die glanspaartjie Bok van Blerk en Hanna Grobler het onlangs vir die eerste keer ouers geword. 

Bok van Blerk se mediawoordvoerder, Jenny Griesel, het die nuus Woensdag bevestig.

Bok en Hanna, wat bekend is daarvoor om uit die kollig te bly, het die nuus vir die duur van die swangerskap uit die media gehou.

Hulle is in Mei 2015 deur “diep waters” toe hulle hul seuntjie verloor het. Hy is doodgebore.

Jenny sê dat die paartjie in dié stadium nog geen ander inligting rakende hul eersteling bekend gaan maak nie, net dat beide ma en die baba gesond is.

Hulle sal vanjaar in Maart drie jaar getroud wees.

Baie geluk Bok en Hanna, ons hoop die bondeltjie bring net vreugde.