Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Revue 2016: Laerskool finaliste bekend gemaak

Fanie Nel8 Desember 2016
Danie Putter (Aanbieder van Revue Ekstra) gesels met die deelnemers.
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Groot opwinding heers by Revue 2016, want die vier finaliste in die Laerskole afdeling is so pas aangewys.  Daar was aanvanklik twaalf gekeurde laerskole wat deelgeneem het aan hierdie opwindende revuekompetisie op kykNET NOU (Kanaal 146).  

Vanuit hierdie twaalf, is daar agt semi-finaliste aangewys en van daar is die vier finaliste aangewys wat sake gaan uitspook op die finale vir Laerskole op 18 Desember om 17:00.  

Die vier finaliste in die laerskole afdeling van Revue 2016 is:
Laerskool Baanbreker (Jnr) – Boksburg
Laerskool Wonderboom – Pretoria
Laerskool Kruinsig – Kempton Park
Laerskool Baanbreker (Snr) – Boksburg   

Die groot vraag op almal se lippe is egter: “Watter laerskool gaan wegstap as wenner van Revue 2016 in die laerskole afdeling?”

Revue 2016 is ’n opwindende revuekompetisie vir laer- en hoërskole wat reeds vanaf 2 Oktober 2016 op kykNET NOU! (Kanaal 146) om 17:00 uitgesaai word.  Daar word ook ’n “agter-die-skerms-Revue-program” uitgesaai, Revue Ekstra wat op Maandae om 19:30 op kykNET NOU! aan die beurt kom.  

Die aanbieders van Revue 2016 en Revue Ekstra is Sue Pyler, Hendri Myburgh, Mandi Baard en Danie Putter.  Die beoordelaars is aktrise, regisseur en skrywer, Lizz Meiring, sanger en liedjieskrywer, Pieter Smith en bekroonde internasionale mimiekmeester, John Jacobs.  Die regisseur van die program is Frans Swart van Lefra Kommunikasie en Bemarking.  Revue 2016 en Revue Ekstra is by Carnival City se Big Top Arena voor ’n gehoor opgeneem.

Danie Putter (Aanbieder van Revue Ekstra) gesels met die deelnemers.
Laerskool Baanbreker (Jnr) met “Once upon a Crime”
Laerskool Baanbreker (Jnr) met “Fusion: Music Genres”
Laerskool Kruinsig met “Say Monster!”
Laerskool Wonderboom met “Stoccatos: Fame and Fortune”

Revue 2016 word aangebied met die vriendelike samewerking van Meat World wat as hoofborg optree.  Meat World het 12 takke regoor die land.  Angelino Perreira, Besturende Direkteur van Meat World sê dat dit ’n baie goeie projek is om by betrokke te wees.  “Dit is is vir ons lekker om by jeugprojekte soos Revie 2016 betrokke te wees, want ons jeug is ons toekoms en dis vir ons hier by Meat World belangrik om in die jeug te belê. Ons gaan ook vir die wen-laerskool en wen-hoërskool elkeen R25 000 se vleis skenk om te gebruik vir hulle voedingskemas by die skool.”   

Groot pryse is op die spel en elke deelnemer ontvang ’n sertifikaat van deelname. Meer as R50 000 se kontantpryse is op die spel. Meat World skenk R25 000 se vleis vir beide die wen laer- en hoërskool. Dan is daar ook ’n lekker verrassing vir die Revue Organiseerders – die wen laer- en hoërskool se revue organiseerders wen ook elkeen ’n kajuit vir twee na die suksesvolle Oppiwater Kunstefees volgende jaar van Kaapstad na Namibië toe.   

Revue 2016 word aangebied met die vriendelike samewerking van Carnival City,  kykNET NOU!, Lefra Produksies, Meat World, Hollywood Costumes, McCarthy Volkswagen Arcadia, Neuhoff Ouditeure, Playboy Unisex Intercoiffure .

Herhalings van Revue 2016 word Maandae om 14:00; Dinsdae om 19:00; Woensdae om 19:00 en Donderdae om 10:00 uitgesaai.

Herhalings van Revue Ekstra kan Dinsdae om 10:00; Donderdae om 19:00; Vrydae om 12:00 en Saterdae om 18:30 gekyk word.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.