Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Son, liefde én sexy lywe in nuwe DZL-musiekvideo

Fanie Nel28 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die sanggroep, DZL, het pas hulle nuwe musiekvideo bekendgestel, net betyds vir die vakansieseisoen wat eersdaags aanbreek. Die video, Ek Laaik Dit bring ’n titsel somer na die skerm met die sonskyn, sonbruinlywe en ’n lekker ontspanne atmosfeer wat uitgebeeld word.

Ek Laaik Dit is die derde enkelsnit vanaf DZL se debuutalbum met dieselfde titel en die liedjie word al vir ’n tydjie op radiogolwe regoor die land gehoor. Hy is ook besig om die ranglys op verskeie radiostasies se Top 20 trefferparades te klim.

“Met die musiekvideo beeld ons weereens so bietjie van ons persoonlikhede uit wat wys dat ons nie die lewe te ernstig opvat nie en dat ons altyd tyd vir ’n grappie het,” sê Wiaan Fourie van DZL.

Die video is verfilm by die Menlyn Boutique Hotel in Pretoria en vervaardig deur Edward Hill van Magicbean Production, en videograaf, Jaun Buys. Die storielyn sentreer baie rondom die lirieke van die liedjie wat op die liefde sinspeel.



“Die liefde het mos kinkels, draaie en versoekinge, maar wanneer jy iemand werklik liefhet dan oorkom dit alles. Dit is juis wat ons met die video probeer uitbeeld en terselfdertyd ook bietjie humor inbring. Ons het natuurlik ook ’n verrassing of twee vir die kykers,” vertel Andries Hendrik Potgieter.

Kyk die musiekvideo hier:

DZL se nuwe album is in Mei-maand vrygestel en sedertdien het die twee manne al ‘n huishoudelike naam geword. Nie net vermaak hulle gehore regoor die land nie, hulle is ook baie betrokke by renosterbewaring en staan al bekend as ‘die twee renostermanne’.

Verder hou hulle hulself ook besig deur as modelle op loopplanke regoor die wêreld, en het pas teruggekeer van Windhoek Modeweek in Namibië. Andries Hendrik is vanjaar as Cosmopolitan se Mooiste Man vir 2016 aangewys.

Hulle het onlangs ook regstreeks op ons Facebook-blad gekuier.

Hulle is tans besig om hulle nuwe lewensstyl en gesondheids tydskrif te finaliseer wat ook vroeg volgende jaar bekendgestel gaan word.

 

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.