Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Afrikaans is Groot 2016 nóg groter

Fanie Nel19 Oktober 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die finale voorbereidings vir die vyfde Afrikaans is Groot-konserte is reeds volstoom aan die gang en beloof weer ’n buitengewone ervaring vir liefhebbers van Afrikaanse musiek te wees. Die toetrede van die Nederlandse sangsensasie – Amira – gaan ook bydra tot die unieke konsert wat vir vanjaar beplan word.

Die twaalfjarige Nederlandse sanger het die wêreld oorrompel met haar optrede in Holland’s got talent in 2013.

In Junie was sy ook in Suid-Afrika en is meer as een keer staande toegejuig vir haar optrede in die Classics is Groot-konsert. “Die reaksie was so oorweldigend dat ons besluit het om te kyk of sy beskikbaar is,” sê Arnold Coleske van AIG.

Hy het bevestig dat benewens die nege konserte wat al uitverkoop is, twee bykomende konserte vir 17 en 24 November gereël is. Kaartjies vir dié konserte is nou te koop.

Dozi en Ricus Nel vorm ook deel uit van die konsert en sal optree saam met ou staatmakers soos Bobby van Jaarsveld, Steve Hofmeyr, Riana Nel, Elvis Blue, Corlia Botha, Jannie Moolman, Juanita du Plessis en Karlien van Jaarsveld.

In die leeftyd van Afrikaans is Groot gebeur dit gereeld dat gaskunstenaars eenmalig optree, nuwe kunstenaars by die konsert se hoofaanbieding gevoeg word of dat kunstenaars nie verder deel van die program is nie.

As een van die bedryf se suksesvolle kunstenaars het Theuns Jordaan nog elke jaar ’n deel van die program uitgemaak en is verlede jaar ten tyde van die konsert vereer vir sy bydrae tot die musiekbedryf. Daarom is dit vir Afrikaans is Groot jammer dat hy nie weer vanjaar deel van die konsert is nie.

“Jordaan het verkies om kwessies waaroor hy verskil na die hooggregshof vir beslissing te verwys. Afrikaans is Groot het steeds die hoogste agting en respek vir Jordaan as kunstenaar en die deur staan vir hom oop, om soos herhaaldelik versoek, direk met Afrikaans is Groot oor enige kwessie in gesprek te tree. Omdat dit in die hof is, moet die sub judicae reel respekteer word en kan besonderhede nie nou bespreek word nie. Afrikaans is Groot sal beslis die hof se uitspraak respekteer en Afrikaans is Groot hoop van harte dat dit so gou moontlik opgeklaar word. Almal word versoek om met enige gevolgtrekkings te wag totdat die hof uitsluitsel gegee het.” lui ’n persverklaring.

Afrikaans is Groot se sukses spruit juis daaruit dat kunstenaars en hul unieke behoeftes ten volle ondersteun word. Afrikaans is Groot 2016 beloof steeds om ’n onvergeetlike ervaring te wees.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.