Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Die derde Grootvoël Boeremusiekfees is om die draai
Feeste

Die derde Grootvoël Boeremusiekfees is om die draai

Fanie Nel12 September 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Binnekort gaan daar vir twee dae boeremusiek gepraat, gedans en geslaap word wanneer die Grootvoël Boeremusiekfees vir ’n derde keer op Vrydag, 23 September en Saterdag, 24 September op Oudtshoorn aangebied word.

Dié gewilde boeremusiekfees het sy ontstaan te danke aan Willem Marais en Daantjie Kotze wat tydens ’n skoolreünie in 2014 besluit het om ’n fees eksklusief met boeremusiek te begin. Oudtshoorn is ook alombekend as die “grootvoël paradys”, daarom die naam vir die fees. Ses orkeste het saam gespeel en gesorg vir ’n groot samekoms in sy eerste jaar.

“Een van die groot liefdes in my lewe is boeremusiek en om hierdie besondere musiek te laat bly voortleef is vir my ’n groot doel en prioriteit.” sê Willem Marais, stigter van die musiekfees.

Volgens Marais is dit een van sy pogings om boeremusiek soveel blootstelling as moontlik te gee. Dis juis die wenresep van wat die fees so ’n sukses maak.

Vanjaar kan feesgangers uitsien na orkeste soos, Die Kaapland Boereorkes, Outydse Klanke Orkes, Die Stoepsitters en Die Sanvelders. Benewens die lekker musiek, gaan feesgangers ook getrakteer word met die lekkerste kos vanuit die omgewing en selfs ’n kontantkroeg.

Verskeie stalletjies wat egte feeskos, soos oliebolle, skyfies, biltong, koffie en ontbyt-jaffels verkoop gaan ook sorg vir ’n feestelike atmosfeer terwyl die kleinspan kan uitsien na ’n gebied spesiaal toegewy aan hulle.

“Ons het iets vir oud en jonk op die spyskaart, so daar is geen rede vir stilsit. Dis vermaak op sy beste, nes ons Afrikaners kan.” sê Susan White, skakelbeampte van die Grootvoël Boeremusiekfees.

Kaartjies vir die fees is nou by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home beskikbaar en beloop R30 per dag of R50 vir ’n naweekpas. Kinders onder 12 jaar kry gratis toegang. Kaartjies is ook aanlyn by www.boeremusiekfees.co.za beskikbaar.  

Volg die Grootvoël Boeremusiekfees op Facebook, vir daaglikse nuus.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.