Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Feeste

Die 27ste Hantam Vleisfees: ’n Naweek van skaapvleis, musiek, en Hantam-gasvryheid

Fanie Nel31 Augustus 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ongeveer 7 000 feesgangers – die meeste nóg – van regoor Suid-Afrika het in hul hordes gestroom na die jaarlikse Hantam Vleisfees die afgelope naweek op Calvinia.

“Ons is so bly dat besoekers van regoor Suid-Afrika ons fees in sulke groot getalle kom bywoon het. Dit was vir ons ’n wonderlike belewenis,” vertel Simey de Klerk, een van die feesorganiseerders. Dié fees, wat ingestel is om die produksie van skaapvleis vanuit die streek te bevorder, het vanjaar sy sewe-en-twintigste bestaansjaar gevier.

Soos die naam beloof, was daar geen gebrek aan vleis nie – skaapvleis, spesifiek. Die kosstalletjies het gesorg vir ’n wye verskeidenheid smulkosse, wat gestrek het van skaaptjops, braaibroodjies en wors, tot afval, sosaties, skaapkop en selfs kliprib waar die ribbetijies tussen lae Karoo-klip gebak word.

Dobbelsteun - Copy
Foto: Stephen Sillifant

Bedags het verskeie handelaars ook hul produkte uitgestal en verkoop. Braaitoerusting, ontwerpersklere, juweliersware, leerprodukte, en skilderye is maar net ’n paar van die items wat te koop was.

Die hoogtepunt was ongetwyfeld Saterdag. “Feesgangers was behoorlik in vervoering met die sterkman-kompetisie, rieldanse, die trekker- en ou voertuie-optog en die skaapskeer-demonstrasie” sê Lizette Lambrechts, ook ‘n organiseerder van die fees. Mathys Roets, Die Broers, Klipwerf en Kurt Darren het die voete laat jeuk en die jong rock-groep van Vredendal,  Dobbelsteun, het die mense aan die praat gehad.

Die Vleisfees sal volgende jaar op Vrydag, 25 en Saterdag, 26 Augustus vir die 28ste keer op Calvinia aangebied word en feesgangers word sterk aangemoedig om vroegtydig blyplek te bespreek om teleurstelling te voorkom. Besoek gerus die Hantam Vleisfees se webblad by www.hantamvleisfees.com en gaan kyk ook na die Facebook-blad (@CalviniaVleisfees), Twitter-blad (@Vleisfees), en Instagram (@hantamvleisfees).

 

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!
Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027
‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!
Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.