Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Pretoria kry eerste Afrikaanse Kunstefees
Feeste

Pretoria kry eerste Afrikaanse Kunstefees

Fanie Nel18 Augustus 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

“Dis die taal waarin ons groet. Die taal is in ons bloed. Dis Afrikaans vir ons mense.” Dít is net ’n paar hoendervleismooi lirieke uit die hoof-feeslied wat eersdaag, deur van die gewildste Afrikaanse kunstenaars in die land opgevoer gaan word tydens die eerste amptelike FAK Musiekfees wat hierdie Augustus in Pretoria afskop.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met SA Expo Feesgids, bou voort op die sukses van groot kuier- en kultuurfeeste – soos KKNK, Innibos en Aardklop – en loots op 19 en 20 Augustus 2016 die eerste jaarlikse FAK Kunstefees, wat voortaan in Gauteng gaan nesskop. 

“Alhoewel Afrikaans dikwels onder die spervuur is, is dit ook ’n taal wat aanhou groei en regoor die wêreld gepraat word. Deesdae kan jy selfs in die buiteland in Afrikaans skoolgaan of selfs Afrikaanse kanale of televisie kyk. Pretoria is een van die grootste Afrikaanse stede ter wêreld en dus die ideale tuiste vir ’n fees wat daarop gaan fokus om hierdie inheemse taal te bou,” sê feesorganiseerder, Johan Yssel.

“Afrikaanse feeste, wat reg bestuur word, bars uit hulle nate. Afrikaanssprekendes is vrolike mense wat hou van kuier waar hulle taal ter sprake is. Daarom skep ons graag meer sulke geleenthede deur feeste nader aan dié mense te bring. Dit is dus hoog tyd dat Gauteng ook ’n lekker groot Afrikaanse fees kry.”

Die terrein van die kultuurryke Voortrekkermonument dien as die hartklop van hierdie feestelike geleentheid, is sentraal geleë en het genoeg spasie om duisende mense met gemak te hanteer. Alhoewel musiek vanjaar die hooffokus gaan wees, word daar reeds beplan om van volgende jaar af allerlei kunste, wat verhoogproduksies insluit, ’n volwaardige feesplatvorm in Pretoria te gee. 150 spesiale uitstallers – wat kuns- en kosstalletjies, bier- en wynareas en kindervermaak insluit – gaan van die begin af deel wees van die pret. Natuurbewustheidsprogramme, wat slang- en roofvoëlvertonings insluit, is ook deel van die program.

Feeshekke gaan elke oggend van nege-uur af oop wees en teen tienuur sal die eertse vertonings op die dagverhoog begin. Feesgangers kan uitsien na vermaak deur kunstenaar soos Armand – The Singing Cowboy met sy dansende perd, Izaan, Marius Dippenaar, Jason, Ronaldo, Maryna Knoesen en vele meer. Saterdag sal daar ook ’n spesiale koorfees wees waaraan sowat ’n duisend kinders gaan deelneem.

13920146_461067614085333_8576516003831581986_o

“Koor-organiseerder, Natasha Smidt, het baie moeite gedoen om te verseker dat die beste kore deel is van hierdie geleentheid. Die wen-kore van verlede jaar se Sing in Harmonie-kompetisie op kykNET, Laerskool Voorpos, Laerskool Pierneef, Laerskool Stephanus Roos en Laerskool Anton van Wouw, is deel van die program. Laerskool Menlo Park, Laerskool Voorpos en Laerskool Stephanus Roos bring ook elkeen hulle junior- en senior-kore saam,” sê Johan.  

Die fees sal Vrydagaand op ’n hoë noot afskop met ’n spesiale rock-konsert wat groot name, soos Francois van Coke, Anton Goosen, Saarkie, Beeskraal en Riaan van Rensburg, gaan insluit. Die vertoning sal reeds om 19h00 begin. Saterdagaand se hoofkonsert gaan ’n musiekskouspel wees wat die gehoor se asem gaan wegslaan. Gewilde name in die Afrikaanse musiekbedryf – soos Kurt Darren, Manie Jackson, Ricus Nel, Jakkie Louw, Jak de Priester, Arno Jordaan, Liza Brönner, Nadine, André Schwartz, George Longane, Jezelle en Lance James – gaan hulle grootste treffers, asook lekker saamsing FAK-liedjies op die verhoog deel. Lance James sal ook tydens hierdie geleentheid vereer word vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek.

 13912567_461067610752000_364219363585928780_n

Kom bou saam aan die voortbestaan van ons taal en kom geniet die grootste Afrikaanse musiekmakietie in Gauteng. Kaartjies is nou beskikbaar.

Besoek gerus die fees se webblad by www.fakmusiekfees.co.za vir kaartjies en meer inligting oor die kunstefees. 

 

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.