Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

’n Groter keuse kykgenot vir kykNETters op Saterdagaande!

Fanie Nel18 Junie 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die gewilde musiekprogram Jukebox gaan vanaf Saterdag, 2 Julie 2016, slegs op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai word. kykNET (DStv-kanaal 144)  bring in die plek van Jukebox ’n hele reeks rolprente na die kassie op Saterdagaande om vir kykers ’n keuse van topvermaak oor die twee kanale te gee.

Maar hoe gemaak as jy Saterdagaand Jukebox op kykNET NOU! en die fliek op kykNET wil sien? Geen probleem nie, want Jukebox word nou ook Sondae om 14:00 op kykNET NOU! herhaal. Jy hoef dus geen van jou gunstelingvideo’s of die lekker onderhoude met verskeie kunstenaars mis te loop nie – dis ’n wen-wen-situasie.

Met die afskop van die nuwe skedule kry Jukebox boonop ’n splinternuwe baadjie. Kykers kan uitsien na ’n pragtige nuwe stel waaroor die bekende en gewilde aanbieder, Pieter Koen, baie opgewonde is: “Dit is soos om die Comrades te hardloop – jy weet al wat gaan gebeur, wat om te verwag, maar met ’n nuwe stel tekkies is jy sommer weer opgewonde oor die wedloop. Net só wil ons ook vir kykers ’n vars aanslag gee wanneer hulle weer Saterdagaande lekker saam met ons kuier.”

Jukebox – op kykNET NOU! vanaf 2 Julie om 19:30 (DStv kanaal-146) – herhaling Sondae om 14:00.

Saterdagaand-rolprente – op kykNET vanaf 2 Julie om 19:30 (DStv-kanaal 144).   

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.