Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Henrico Coetzer stel nuwe enkelsnit vry
Nuus

Henrico Coetzer stel nuwe enkelsnit vry

Fanie Nel11 Junie 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Daar was geen twyfel dat Henrico Coetzer (23) die één is wat sy nuwe liedjie,  Soos Reën moet sing nie.  Só het die bekroonde sanger, Joshua Na Die Reën, gedink toe hy die nuweling van Pretoria die eerste keer hoor sing.

Henrico het nie gras onder sy voete laat groei nie en dadellik ingestem. ‘n Paar weke later was hy in die opname ateljee en vandag word die nuwe treffer amptelik vrygestel.

“Dis ‘n voorreg as iemand met ‘n mooi stem ‘n liedjie wil sing wat ek geskryf het. Henrico is iemand wat baie kan toevoeg tot die Afrikaanse musiek bedryf,” sê Joshua Na Die Reën.

Vir Henrico was dit ‘n groot eer om die liedjie te sing.  Hy het sangopleiding gekry by die sanger, Chris Coetzer (Drie Tenore) en sedert hy 18-jaar oud is open hy gereeld vertonings vir gewilde sangers soos Bobby van Jaarsveld, sy sussie Karlien, Theuns Jordaan en Corlea Botha om maar net ‘n paar te noem.  En dis juis by een van Bobby se vertonings dat sy pad met Joshua Na Die Reën gekruis het. By dié spesifieke vertoning van Bobby het Joshua Na Die Reën vir Bobby op klavier begelei en dadellik notisie van Henrico geneem.

“Ek was oppad huis toe, en toe ek weer sien klop hy aan my kar se venster. Ek het oopgemaak en toe vertel hy my dat hy ‘n nuwe liedjie geskryf het, Soos Reën en hy dink dit sal perfek werk met my stem” sê Henrico.

Henrico kon sy ore nie glo nie en kort voor lank was hy besig om “…want jy is vir my soos reën op die vlakte van my siel wat liefde nooit geken het nie…toe vang jy my toe ek wil val…” te sing in studio.

As kannetjie van vyf het hy sy ouers al gewaarsku – sing gaan hy eendag sing. En dié eendag is nou.

“Dis my passie en al wat ek nog altyd wou doen,” vertel Henrico wat as kind gereeld vertonings aanmekaar gesit het. Dan het hy en sy sussie dit vir die familie opgevoer.

“Talente word nie sommer net vir jou gegee nie. Dis jou verantwoordelikheid om dit te ontwikkel en te gebruik.”

“Ek is mal oor die lirieke van Soos reën. Dis heeltmal iets anders. Dis nie net ‘n liedjie nie, dis ‘n gedig en vertel ‘n storie. Dit kan vir elkeen wat dit hoor iets anders beteken. Ek wil musiek maak wat mense se harte aanraak,” sê Henrico wat van kleinsaf hou van dig.

Die treffer is deel van sy tweede CD, “Dis wie ek is…” wat verlede jaar opgeneem is. Buiten Joshua Na Die Reën, is daar ook lirieke deur Bobby van Jaarsveld, Johan Oberholzer, Hilandi du Toit en natuurlik Henrico self.

“Die album sê wie ek is, en elke liedjie kom van diep uit my hart. Sonder enige pretensie,” sê Henrico, wat nie net sag op die oor is nie, maar ook op die oog.

En nee dames, die sexy man is nog nie opgeraap nie… Maar van een ding kan ons seker wees, hy gaan nog baie knieë lam maak.  Daaroor bloos hy net en skud sy kop. Buiten sing is die ding wat hom regtig gelukkig maak om ander te help.

“Ek glo dis belangrik om jou deel vir liefdadigheid te doen en probeer om elke nou en dan iewers ‘n show te doen.”

En so dóén hy gereeld, veral by die Cansa aflosmarathonne, waar hy die man is wat almal se lam bene aan die gang hou tot by die eindstreep.  Liefhebbers van die gewilde Blouhond teater in Pretoria, sal hom ook herken, aangesien hy ‘n gereeld daar optree. Hy was ook deel van die ensamble in die musiekblyspel, Droomkind, waarin Bobby van Jaarsveld die hoofrol vertolk het.

Maar sing is nie al wat die jongman kan doen nie. Van kleinsaf is hy baie goed met teken en skilder en is op skool met talle pryse vir sy kreatiwiteiet beloon, ook vir sy digkuns.

So ‘n bek moet mos jêm kry? En op sy bek is hy nie geval nie.

“Ek het op skool redenaars gedoen en in matriek die ATKV toekenning gekry vir redenaar van die jaar,” vertel hy trots.

Maar vir redeneer het hy nou nie meer lus nie. Hy wil net sing, of dit nou die opera treffer, Nessun Dorma is, of Soos reën, spits jou ore, want van Henrico Coetzer gaan ons nog baie hoor.

Luister hier na ‘n voorsmakie van Henrico Coetzer se nuwe enkelsnit:

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.