Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Afrikaans Oppi Platteland

Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

Redaksiespan28 Oktober 2026
FOTO: Fanie Nel/Afrikaanse Musieknuus
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná die suksesvolle debuut in Pretoria vroeër vanjaar, maak die gewilde musiekfees Afrikaans Oppi Platteland gereed om op 8 Mei 2027 vir ’n tweede keer feesgangers by Idlewild Country Estate te verwelkom. Met ’n indrukwekkende kunstenaarslys, geheime name en ’n spesiale verrassing op die program, beloof dié fees om weer ’n hoogtepunt op die Afrikaanse musiekkalender te wees.

Feesgangers kan uitsien na optredes deur van die grootste name in Afrikaanse musiek, waaronder Steve Hofmeyr, Francois van Coke, Brendan Peyper, Demi Lee Moore, Karlien van Jaarsveld, Barto, Appel, Bernice West, G-String, Juan Boucher, Bok van Blerk, Ricus Nel, Tasché, Early B, Kurt Darren, Snotkop en Spoegwolf. Twee geheime kunstenaars en ’n verdere verrassing wag ook op feesgangers, wat beteken dat daar nog ’n paar opwindende redes is om dié dag op die kalender aan te teken.

Die fees se seremoniemeesters sorg vir ’n ekstra skeut vermaak en karakter. Die smaakmakers Janey en Waney span kragte saam met Kate Roothman, die nuwe aanbieder van Boer Soek ’n Vrou, en Hammie Wessels, aanbieder van Toks en Tjops. Nykie Vermaak sal intussen die fees se sosiale media behartig en seker maak dat die opwinding ook aanlyn voortleef.

’n Feeservaring vir elke feesganger

Of jy nou die dag saam met vriende wil dans en saamsing, die fees in styl wil geniet of die naweek onder die sterre wil deurbring, daar is verskillende kaartjie- en verblyfopsies beskikbaar.

Algemene toegangskaartjies begin by R299 per persoon vir die beperkte Early Bird-aanbod, terwyl ’n spesiale dubbelkaartjie vir R575 beskikbaar is. Skoliere kan die fees teen R295 per persoon bywoon, en voorskoolse kinders kry gratis toegang tot die algemene toegangsarea.

Vir feesgangers wat ’n meer eksklusiewe ervaring verkies, bied die VIP Golden Circle toegang tot ’n privaat wyntuin, kroeg, toilette en sitplekke, asook toegang tot die Golden Circle voor die verhoog. Beperkte peuselhappie- en broodjieplatters en ’n vinniger inklokproses is ook ingesluit.

Die VIP Golden Circle “Deck”-losie bied ’n selfs meer luukse ervaring. Slegs 50 kaartjies is beskikbaar teen R4 999 per persoon. Dié pakket sluit onder meer ’n verwelkomingspakkie met handelsware, ’n oop kroeg met drankies en shooters, ’n komplimentêre bottel rooiwyn, ’n spitbraai-middagete en aandpeuselhappies, insluitend sushi en pizza, in. Feesgangers kry ook toegang tot ’n privaat VIP-dek met ’n uitsig oor die verhoog, privaat sitplekke, toilette en parkeerplek.

Groepe wat die fees saam wil geniet, kan ’n algemene losie bespreek teen R25 000 vir 20 mense. Dit sluit ’n privaat losie met ’n uitsig oor die verhoog, ’n privaat kroeg, ’n verwelkomingspeuselhappie of broodjieplatter en skaduryke sitplekke in.

Vir dié wat die feeservaring tot ’n volle naweek wil verleng, is kampeeropsies ook beskikbaar. Kampering kos R250 per persoon per aand, met opsies vir Vrydag en Saterdag.

Bespreek jou plek

Met ’n sterbelaaide program, uiteenlopende kaartjie-opsies en ’n paar geheime verrassings in die vooruitsig, is Afrikaans Oppi Platteland se terugkeer na Pretoria een om dop te hou.

Kaartjies is nou aanlyn beskikbaar by www.kaarkies.co.za. Feesgangers word aangeraai om vroegtydig te bespreek, veral vir die beperkte Early Bird-aanbiedinge en die eksklusiewe VIP Golden Circle “Deck”-losie.

Datum: 8 Mei 2027
Plek: Idlewild Country Estate, Pretoria
Kaartjies: www.kaarkies.co.za

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027
Vyf goeie redes om by Afrikaans Oppi Platteland in Pretoria te wees!
Afrikaans Oppi Platteland kom in 2026 na Kaapstad én Pretoria!
Afrikaans Oppi Platteland kies koers Pretoria toe

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Ryk Kleinhans herinner luisteraars aan die krag van stil oomblikke

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.