Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

40 Dae en 40 Nagte-toer: Só lyk Neil en sy orkes se toerskedule!

Redaksiespan6 Mei 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands, het in April bevestig dat hy en sy orkes (Schalk Joubert, Frank Freeman en Ronan Skillen) hierdie winter, 2024, wéér ’n landswye toer onderneem. Soos belowe, is al die reëlings in plek, die venues is bevestig en die gehore het nou onmiddellike toegang tot die toerskedule, asook kaartjieskakels vir dié gewigtige gebeurtenis. Die toer strek oor 40 dae en 40 nagte en gehore kan uitsien na 35 vertonings in die uithoeke van ons land.

LEES OOK: Neil Sandilands en Die Band: 40 Dae en 40 Nagte Toer

Sandilands het vanuit Los Angeles, waar hy deelgeneem het aan die première van Kingdom of the Planet of the Apes (10 Mei-uitreiking), laat blyk dat die Land en Sand-toer in sy land van herkoms vir hom gelykwaarde dra aan só internasionale première. Die toer neem aanvang op 27 Junie by Die Oumeulteater in die Paarl en sluit af op 4 Augustus by The Alma Café in Kaapstad.

Sandilands bedank Hyundai Suid-Afrika, wat optree as vervoerborg van hierdie tamaai onderneming, asook al die venues wat betrokke is. “Dit bly my ’n voorreg om in hierdie soetste taal te kan werk skep,” voeg hy by.

Die musikale werke, kom vanuit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse, Allegaarkie vir ’n Askeet, Die Groot 5, Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dit sal die eerste keer wees dat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”

“Dis die lekkerste ding wat jy vir jouself hierdie winter kan doen. Bederf jouself tydens ’n aand van Neil Sandilands en Die Band dan gesels ons Land en Sand!”, lag hy.  Vandaar ook die titel van die toer.

Só lyk die toerskedule:

  • 27 Junie 2024: Ou Meulteater, Paarl
  • 28 Junie 2024: Die Boer, Durbanville
  • 29 Junie 2024: Café Felix, Riebeek-Kasteel
  • 30 Junie 2024: Koelkamers, Paternoster
  • 1 Julie 2024: Okiep Hotel, Okiep
  • 2 Julie 2024: African Vineyard, Kanoneiland
  • 3 Julie 2024: Germar Padstal, Kimberley
  • 4 Julie 2024: Kopanong Teater, Vryfees, Bloemfontein
  • 5 Julie 2024: Afriforum Teater, Pretoria
  • 6 Julie 2024: Umuzifees, Secunda (Kaartjies nog nie beskikbaar nie)
  • 7 Julie 2024: Etienne Rosseau Teater, Sasolburg
  • 09 Julie 2024: Hedgehog’s Nest, Rustenburg
  • 10 Julie 2024: Thaba Nkwe, Thabazimbi
  • 11 Julie 2024: Olifant Oasis, Naboomspruit
  • 12 Julie 2024: Grin Court, Polokwane
  • 13 Julie 2024: Fairview Hotel, Tzaneen
  • 14 Julie 2024: Francine’s Farm, Hoedspruit
  • 16 Julie 2024: YOONS Eatery, Witrivier
  • 17 Julie 2024: The PUB, Mbombela
  • 18 Julie 2024: Kwanyoni Lodge, Nelspruit
  • 19 Julie 2024: Rustique, Middelburg
  • 20 Julie 2024: Die Blou Hond, Pretoria
  • 21 Julie 2024: Pierneefteater, Pretoria (WhatsApp: 072 460 5568 vir kaartjies)
  • 23 Julie 2024: Café Barcelona, Pretoria
  • 24 Julie 2024: Laerskool Randfontein, Randfontein
  • 25 Julie 2024: Silverstar Barnyard, Krugersdorp
  • 26 Julie 2024: Sowaar Bar, Pretoria
  • 27 Julie 2024: Loopstraat, Potchefstroom
  • 28 Julie 2024: Die Melkkan, Welkom
  • 29 Julie 2024: Kreatief, Burgersdorp (Gebruik 29 Julie en jou naam as verwysing)
  • 30 Julie 2024: Music Kitchen, Gqeberha
  • 31 Julie 2024: Route 62, Oudtshoorn
  • 1 Augustus 2024: Reed Valley, Mosselbaai
  • 2 Augustus 2024: Kalfiefees, Hermanus
  • 3 Augustus 2024: Daisy Jones Bar, Stellenbosch
  • 4 Augustus 2024: The Alma Café, Kaapstad (Bespreek by bookings@almacafe.co.za)
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.