Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

‘Klein Kwagga’ se oom skryf Jan Jan Jan se nuwe enkelsnit

Redaksiespan19 April 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná die sosiale media sukses van Klein Kwagga, oftewel Dirkco van Nieuwenhuizen, het sy prettige danspassies selfs gesorg vir ’n verskyning op die Kelly Clarkson Show in Amerika. Boerboel Wear se suster maatskappy, BW Models, tree op as die promotor van Klein Kwagga.

Dans, Kwagga is voorgelê aan Boerboel Wear deur Mercia van Nieuwenhuizen, Dirkco se ma. Die liedjie is uit die pen van sy oom, Hackey Louw. Alhoewel Louw dit geskryf het met Klein Kwagga se geboorte, het hy die woorde later aangepas toe sy unieke talente al op twee jaar na vore gekom het. Die span van Boerboel Wear was dadelik beïndruk met hierdie ougat liedjie en het besluit om dit aan Jan Jan Jan voor te lê vir oorweging. Daar en dan is besluit dat hierdie lied die groep se eerste enkelsnit vrystelling vir 2024 gaan wees.

Dit is verwerk deur Stephan Hugo Botha, Jan Jan Jan en Muse Studios en sal op 19 April 2024, in samewerking met Select Musiek (’n Afdeling van Sony Music Entertainment Africa), Jan Jan Jan se platemaatskappy, uitgereik word – tesame met die betrokke musiekvideo. Boerboel Wear het die produksie van die musiekvideo bestuur en dit beloof om soos al Jan Jan Jan se video’s, een vir die boeke te wees! Oud en jonk sal daarby aanklank vind.

Getroue en nuwe Jan Jan Jan aanhangers kan dus uitsien na ’n enkelsnit, wat nie net die voete sal kielie vir ’n ronde om die dansvloer nie, maar die interessante samekoms van verskillende musiekgenres is sommer met die intrapslag van die lied hoorbaar. “Boeremusiek klanke is integraal deel van Jan Jan Jan se musiekstyl, maar ons het ’n paar nuwe geure ingemeng in hierdie musiekverwerking,” het LangJan gesê. “Ons is opgewonde om saam met die publiek weer ’n lekker kuier aan die gang te kry,” het KleinJan gesê.

Dans, Kwagga nooi almal uit om op die die dansvloer, langs die braaivuur of sommer daar voor die spieël in jou kamer ’n paar van jou unieke danspassies ten toon te stel. Herontdek weer ’n bietjie kindwees binne jouself en dans, ou Kwagga. Dans!

Dans, Kwagga is nou beskikbaar op alle stroomdienste. 

Kyk die musiekvideo hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.