FOTO: Verskaf
Franja is reeds ’n bekende naam in meeste Afrikaanse huishoudings. Nie net is sy ’n sanger, liedjieskrywer, musikant en vervaardiger nie, maar met twee Ghoema toekennings en treffers soos, Stad Na Verlange, Lag Tot Jy Huil en Bring Dit agter haar naam is sy beslis iemand om dop te hou.
Sy is terug met nuwe, oorspronklike musiek en die publiek kan solank hulle skoene afstof want dit is tyd vir dans.
Haar eerste enkelsnit, Bring Dit vanaf haar nuwe album, het beslis mense se voete laat jeuk. Omdat Franja self baie van dans hou, veral langarm, was dit die inspirasie agter hierdie treffer.
Haar tweede enkelsnit, My Lief was vir al die verliefde mense daarbuite en was net betyds vir Valentynsdag uitgebring.
Vandag is Franja terug met haar derde enkelsnit, Gee My ’n Boerseun en as jy dink jou voete het gejeuk met Bring Dit, gaan jou voete net so lekker jeuk, met hierdie treffer.
“Ek het die liedjie geskryf oor ek self baie lief is vir die plaas en ’n regte skuurdans of plaasdans so baie geniet. Ek dink dis mooi as ’n man of ’n Boerseun mooi maniere het, ’n gentleman is, nie bang is om hard te werk nie, en dan nog die lekker in die lewe kan geniet en waardeer”
Haar album Los Jou Hart bestaan uit agt liedjies waarvan sewe nuwe oorspronklike snitte uit Franja se pen en een cover wat haar baie na aan die hart lê. Die album is reeds beskikbaar vir voorafbestellings op digitale platforms.
- Gee My ’n Boerseun is nou op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.