Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

David Divaad dra sy eerste enkelsnit aan Suid-Afrika op!

Redaksiespan10 November 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Facebook

’n Aartappelmagnaat van Limpopo, wat ook Sepedi vlot praat,  het pas sy eerste enkelsnit, My land, uitgereik wat aan elke Suid-Afrikaner opgedra is. 

Dit bly steeds ons land… “n konstante in elkeen van ons lewens,” sing David Divaad in sy klassieke tenoorstem.  “… my land, my nasie wat deur al die seer die lig sien.”

David, wat aan die Noordwes-Universiteit ’n B-Com-graad en diploma in musiek voltooi het, het homself eers na sy studies aan die praktiese aspekte van boerdery gewy voordat hy besluit het om dáárdie stem, wat nogal vergelyk kan word met die Spanjaard Juan Diego Florez,  se liriese tenoor met die publiek te deel.  

My land is ’n klassieke volwasse kontemporêre snit en ’n mens kan jou verluister aan David se stem wat met gemak tussen die hoër C-3 en laer A-5 note beweeg.  Hoewel hy nog nie op die wêreld se groot opera verhoë gesing het nie, het hy genoeg stem, persoonlikheid en die sogenaamde “tenorhunk-voorkoms” wat hom maklik as een van die “nuwe stemme” in die klassieke wêreld kan vestig. 

Tydens se musiekstudies is hy in die klassieke musiek en die klavier onderrig. “Ek sing darem nie net vir die aartappels nie,” lag David. “Ek is steeds besig om my stem te verfyn en knap my musiekteorie vaardighede op.” 

My land is amper ’n ode aan die pragtige Suid-Afrika wat ten spyte van die sinnelose geweld, plaasaanvalle, droogtes en peste, steeds “neem en gee.”  Die lirieke het sluit ook sterk aan by die nuwe grendelliriekbeweging waar die pyn van die pandemie grou deur  liriekskrywers verwoord word. 

Omdat David met hart-en-siel by die boerderyproses betrokke is, is die lirieke – wat hy self ook neergepen het – ontsettend eerlik.  Suid-Afrikaners besef nie aldag hóé die pandemie ook die landboubedryf gekniehalter het nie. 

“Ek het tydens die pandemie besef dat ’n mens nie kan veg teen iets insigbaars nie; iets wat net vat wat hy nie besit nie. Die pandemie het ons almal geraak, maar ek het besef dat ons nie in beheer is nie. Ons moet net glo en vertrou dat God in beheer is.”

My land is ’n musikaal goed versorg en luisteraars wat van diep lirieke en ’n sterk stem hou sal beslis aanklank by die liedjie vind. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.