Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Bottomless Coffee Band stel nuwe enkelsnit uit ‘Prediker Hoofstuk II’ bekend

Redaksiespan22 Oktober 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Bottomless Coffee Band se nuutste enkelsnit uit hul album Prediker word Vrydag, 22 Oktober op alle stroomplatforms vrygestel. Dié enkelsnit, Klankdig, volg kort op die hakke van die baie suksesvolle Jonk & Verlore uit Hoofstuk II van hul jongste album. Aanhangers kan ook uitsien na die treffende musiekvideo wat binnekort vrygestel word.

Klankdig is ’n hartroerende belade uit Prediker Hoofstuk II. Dit staan in interessante kontras teenoor die hoogs suksesvolle voorafgaande pop-danstreffer Jonk & Verlore. Volgens Bottomless Coffee Band: “Simboliseer [dit] die tyd waarin ons is; waar ons mekaar se harte moet oppas en styf moet vashou. Ons was lanklaas so afhanklik van mense en menslike interaksie. Die idee dat ons klankdigte kamers vir mekaar skep waarin ons kan skuil totdat ons weer sterk genoeg is om die dag aan te pak, was vir ons so ’n mooi prentjie.” 

Die diverse aard van die album is reeds in Hoofstuk I blootgelê. Dit word onder andere teweeg gebring deur die samewerking met verskeie opname-ingenieurs by die skep van die verskillende snitte op die album. Dit hou die afwerking deurlopend deur die album vars en anders. Klankdig is by Abbey Road Institute (Johannesburg) deur Ben Ludik opgeneem. 

MEER OOR PREDIKER HOOFSTUK II

Hoofstuk II bestaan uit vier enkelsnitte by name Jonk & Verlore, Klankdig, Sonskyn en die reën en Plek aan my tafel. Jonk & Verlore was in Julie 2021 vrygestel en jy kan hier daarna kyk en luister. Die laaste twee enkelsnitte van dié Hoofstuk word albei nog voor die einde van die jaar aan aanhangers beskikbaar gemaak. 

Oor die uiteenlopende aard van die verskeie snitte waarna daar reeds verwys is, meen hulle: 

“Ons daag onsself uit sodat elke snit natuurlik in die rigting moet ontwikkel waarheen dit neig; daarom raak ons vertrouens verhouding met die opname-ingenieur en vervaardiger belangrik. ’n Mens kan maklik vashou aan ’n spesifieke klank en sodoende nooit heeltemal ontwikkel as musikant nie. Ons het hierdie inspirasie van, onder andere, Bob Dylan geneem. Dit was geen geheim dat hy telkemale sy sangstyl, genre en aanslag aangepas het soos wat hy as musikant gegroei het nie. Hy kon dit wel regkry sonder om ooit sy hart en siel in sy musiek te verloor.”

LEES OOK: Bottomless Coffee Band vertel ‘Prediker Hoofstuk I’ se storie verder

  • Hoofstuk I is in 2020 vrygestel. Luister gerus hier daarna. 

MEER OOR BOTTOMLESS COFFEE BAND 

Bottomless Coffee Band is ’n folk-pop-duo, wat al vir sewe somers getroud is, en met meer as 12 instrumente gehore dwars oor Suid-Afrika, Namibië, Europa en die Verenigde Koninkryk vermaak met vars en opgewekte musiek en stories. Lourens en Esté het as twee ambisieuse studente in Stellenbosch ontmoet, en na ’n draai in die korporatiewe wêreld het hulle die musiekbedryf aangepak om ander deur musiek te kan inspireer. Die Rabé’s het reeds drie albums (Room with a View (2014), Anthelia (2018), Sitkamer Sessions (2019)) bekendgestel, en het verskeie enkelsnitte op alle e-stroomplatforms beskikbaar. Prediker is hulle eerste vollengte Afrikaanse album. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’
Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Ryk Kleinhans herinner luisteraars aan die krag van stil oomblikke

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.