Skoonheid van Kaap, intieme verhoudings word saamgespan vir nuwe Christia-lied

FOTO: Verskaf

Die bande tussen beeldskone Kaapstad en ’n intieme verhouding word bymekaar gebring in dié eerlike lirieke van Kaapse Blou, Christia Visser se nuutste enkelsnit. 

Weereens bring sy haar unieke stem en produksie wat beslis op almal se lippe gaan wees.

Christia Visser wat ook reeds vir ’n SAMA genomineer is onglangs het bewys sy is nie net ’n finominale aktrise met ’n beeldskone stem nie. Sy het reeds diep spore in die bedryf met haar opeenvolgende treffers getrap en bewys sy is hier om te bly.

Nie net stel sy hierdie nuwe enkelsnit bekend nie, maar bring ook ongelooflike beelde na die skerm van die landskap in die Kaap in haar musiekvideo vir hierdie treffer deur Christian Wolf wat reeds ’n rits nominasies en toekennings agter sy naam het. Kaapse Blou gaan jou terug neem na die Kaap en verlief maak van vooraf.