Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

’n Nuwe hoofstuk vir Gerduan Kemp met nuwe enkelsnit

Redaksiespan6 September 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

“Soms moet jy ou bagasie agterlaat om nuwe hoofstukke in jou lewe te bereik,” sê Gerduan Kemp oor die betekenis agter sy splinternuwe enkelsnit, Langpad Na Môre, wat hy saam met ADAM se Hugo Ludik en Rubber Duc se Nick Jordaan geskryf het.

Hierdie lekkerluister Afrikaanse pop-rocksnit is geïnspireer deur dié veelsydige Bloemfonteinse musikant se moeilike besluit om die Rosestad agter te laat vir ’n nuwe en opwindende toekoms in Pretoria.

“Ek is iemand wat baie van my emosies in my liedjies oordra. Hierdie een lê my juis na aan die hart omdat dit die gevoelens wat ek ervaar het toe ek my tuisdorp moes agterlaat vir die stad weergee. My doel is ook om die liedjie te gebruik om ander mense te bemoedig om nie groot geleenthede deur hulle vingers te laat glip omdat die keuses wat daarmee saam gaan dalk angswekkend kan wees nie,” verduidelik hy. “Die liedjie het mooi lirieke, waarby almal sal aanklank vind en die wysie sal jou uitnooi om saam te sing en dit kliphard te luister in jou kar.”

Langpad Na Môre is die tweede enkelsnit vanaf sy debuut-album, Sesde Sintuig, wat op 8 Oktober 2021 beskikbaar sal wees en volgens die gesoute ore in die musiekbedryf wat dit reeds gehoor het gaan dit iets wees wat selfs die kieskeurigste oor tevrede sal stel. “Al die liedjies is geïnspireer deur goed wat in my lewe gebeur het. Dit vertel basies die storie van my lewe tot dusver en hoe dit wat al in my lewe gebeur het my gevorm het en gebring het tot waar ek vandag is,” deel Gerduan. “Ek was betrokke by die skryf van nege van die tien liedjies en het die voorreg gehad om saam met talentvolle liedjieskrywers te werk soos Hugo Ludik, Nick Jordaan, Riaan Benadé, Petrus van Wyk, Johan Oberholzer en Emil Robert. Die album het lank gevat om op te neem en ek is opgewonde om te sien wat die publiek van my nuwe musiek gaan dink.”

Die titelsnit van die album is verlede jaar uitgereik. Dit was dadelik baie gewild en het bo-aan die treffersparades van verskeie radiostasies gekuier, terwyl die hoendervleismooi musiekvideo reeds deur meer as 26 000 mense op YouTube gekyk is.

“Die terugvoer op my vorige enkelsnit was ongelooflik goed. Die lied kan steeds op verskeie radiostasies regoor die land gehoor word en daar is gereeld mense wat vir my sê dat dit hulle gunsteling-vasdansliedjie is,” vertel hy oor hierdie hoogtepunt in sy loopbaan.

Gerduan, wat sy eie foto- en videografiebesigheid – GK Kreativ Productions – bestuur wanneer hy nie op die verhoog is nie, sing al vandat hy klein is en het in graad twee begin kitaarlesse neem. Hy het egter eers in sy finale jaar op universiteit, waar hy besig was om Kommunikasiemedia en Joernalistiek te studeer, besluit om ’n voltydse loopbaan van musiek te maak. Sedertdien het hy al die verhoog met verskeie groot name gedeel en by talle feeste en funksies opgetree.

Hy wil graag hê dat sy musiek mense se harte moet raak en met Langpad Na Môre oortref hy nie net hierdie doelwit nie, maar kry hy dit ook reg om bewonderaars met opgewondenheid te laat uitsien na al die opwindende dinge wat hy vir die toekoms beplan. 

  • Langpad Na Môre is nou op alle digitale platforms beskikbaar.  Laai die enkelsnit hier af.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.