FOTO: Verskaf
Met die eerste oogopslag blyk dit klaar duidelik: hierdie is ’n liefdeslied! Sal jy ja sê is die duet tussen JP White en sy ewe talentvolle sussie Lollie White – en gemik op diegene wat van plan is om die ja-woord te vra.
JP White, wat van Springs afkomstig is, het oor die afgelope paar jaar sy plek in Suid-Afrikaners se harte losgesing en bekoor deesdae gehore met sy energieke optredes.
Sy vorige enkelsnitte sluit Hier in my hart asook sy mees onlangse uitreiking Onbeplan – albei goed deur die publiek ontvang in. Dit het ook ’n goeie fondasie vir sy plek as popsanger in die Afrikaanse musiekmark gelê.
Met hul duet skroom die broer en suster glad nie om met die beste duo’s in die pop genres mee te ding nie.
Alhoewel Sal jy ja sê ’n nuutjie vir JP is, is dit vir hom opwindend om nuwe style aan te pak. Hulle albei glo dat die luisteraar dit net soveel soos hulle sal geniet. Die liedjie is opgewek, lirieke deurdink, met ’n sprokiesmooi liefdesverhaal.
Sal jy ja sê is geskryf en verwerk deur die liedjieskrywer Vincent Gordon.
JP sê die dag toe hy die liedjie vir die eerste keer in die ateljee gehoor het, het hy dadelik geweet hy wil dit opneem. Die toe dat JP dadelik sy suster gevra het om saam met hom te sing…
“Dit was nog altyd ons droom om ’n duet saam op te neem,” vertel JP.
Dit is die twee se grootste wens dat die liefde in die liedjie mense se harte sal aanraak en hartsnare sal roer wanneer hulle hierna luister.