Die Campbells dra liefdesboodskap met ‘500 Rose’ oor

FOTO: Verskaf

Die Campbells is terug met ’n nuwe enkelsnit uit die woorgenie, Emil Struwig, se pen. 

Soms spreek dade harder as woorde – woorde waarmee die Adamsgeslag soms struikel. “500 Rose is ’n liefdesboodskap van ’n man aan sy vrou om haar te laat weet hoe spesiaal sy vir hom is deur middel van die simboliese rooi roos,” verduidelik Heinrich Goss van Infinity Entertainment. 

Volgens Goss gaan die produksie van die liedjie dit in ’n ander klas plaas en dit gaan sorg dat almal wil saam dans. “Die hartroerende lirieke gaan verseker ook nog lank jou bybly na jy lekker op die treffer gedans het.”