Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Wit Kasteel bring positiwiteit met nuwe enkelsnit

Redaksiespan15 Maart 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: NDW Photography

Nie Covid-19 of die grendeltydperk kon in die pad van die gewilde Pretoria rockgroep, Wit Kasteel, staan om hulle doelwit te bereik nie. Hulle het seker gemaak dat hulle gedurende 2020 ’n stewige vastrapplek in die musiekbedryf kry met die uitreiking van hulle splinternuwe album asook twee baie populêre enkelsnitte, Toegewyd en Herinnering.  

Natuurlik was daar tydens die grendeltydperk, maar min geleenthede vir samesyn en lekker kuier, maar musiek het altyd ’n manier om almal bymekaar te bring en daarom is hulle volgende enkelsnit, Nog Een, perfek gepas vir hierdie tyd waarin ons onsself nou bevind.

Nog Een is ’n lekker voelgoed, kuier-liedjie, wat gebasseer is op die bekende woorde van daaí een vriend wat altyd kans sien vir nog een. “Met die onsekerheid oor die toeganklikheid na die eenvoudige vermaak, kuier en plesier gedurende inperking, het ons selde geleentheid gevind om saam te kan ontspan en iets te neem vir die gemoed. Maar wanneer die geleentheid sy opwagting gemaak het, het ons die meeste daarvan gemaak. Ons hoop dit word ’n Afrikaanse tema-lied vir ’n lekker kuier, hetsy braai of ’n aand uit saam met jou vriende,” vertel Reinard Kruger, baskitaarspeler vir die groep. 

Die vier manne van Wit Kasteel het self die lied geskryf, in samewerking met Hugo Ludik (ADAM/Muse Studios), asook Nick Jordaan (Rubber Duc). Die liedjie is vervaardig deur Hugo Ludik en Amiel Gopal van Muse Studios.

Wit Kasteel het ook ’n vrolike lirieke musiekvideo gemaak. 

Kyk die video hier:

Die groep bestaan uit Clemond Dartnall (hoofsanger en kitaarspeler), Ernst Nieuwoudt (hoofkitaarspeler), Reinard Kruger (baskitaarspeler en sanger) en Waldemar Behr (dromspeler).

Wit Kasteel met hulle unieke klank is gereed en baie opgewonde om landwye vertonings te hou, noudat die inperking effens gelig is en wat is beter as om dit af te skop met Nog Een!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.