FOTO: Verskaf
Go rest high on that mountain van Vince Gill is ’n liedjie wat reeds van sy tienerdae by Ruan Josh draai. En nou het hy dié hartroerende liedjie opgeneem…
In die seisoen van verlies waarin ons huidiglik lewe met soveel geliefdes wat sterf, soveel besighede wat toemaak en soveel lewens wat onherroeplik verander is dit net gepas dat hy die liedjie opgeneem het.
Dit bring vertroosting, dit help om te laat gaan met die wete dat jou verlies op die berg van vastheid kan rus. God het jou, Hy het jou geliefde en Hy het jou situasie in Sy hand.
As jy iemand aan die dood afgestaan het onlangs, weet dat die hemele juig oor sy of haar lewe en dat hulle op die plek is waar ons wil wees. Hulle is veilig en “okay”. Jy ook.
Kyk die musiekvideo hier: