Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Carmen Basson stel nuwe enkelsnit bekend

Redaksiespan25 November 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die sangeres Carmen Basson se splinternuwe enkelsnit Maan Toe Bel gaan oor die reis van ’n verliefde paartjie – van saam drome droom en avonture aanpak tot herinneringe bou wat ten einde daarop dui dat hulle vir mekaar bedoel is.

Die poprock liedjie het ’n moderne country invloed en is geskryf deur William Wolf. Carmen vind aanklank by die liedjie omdat sy ook soos enige jongmens al verlief en verlore was en kan daarom vereenselwig met die tema van die lied en die opgewekte ritme van die musiek.

Maan Toe Bel is ’n goedvoel-oorwurm met ’n gelukkige einde. “Die liedjie het die potensiaal om ’n Desember-treffer te word. Ek glo luisteraars sal daarby aanklank vind omdat die liedjie ’n gevoel van hoop skep en dit gaan mense weer opgewonde maak oor die idee van die liefde,” sê Carmen.

Die musiekvideo is by Reizis Square en die Loch Logan Waterfront in Bloemfontein geskiet en vertel die storie van ’n jong verliefde paartjie wat hulle avonture saam geniet. Dié avonture laat hulle byna in die moeilikheid beland, maar tog het dit ’n gelukkige einde.

Hanno Hattingh vertolk die rol van Carmen se kêrel in die video. Jaco van Bosch van Looped Pictures het die video geskiet en vervaardig.

Kyk die musiekvideo hier:

“Wat dit anders maak as ander musiekvideos is die feit dat ek elke oomblik eg aan myself is. Ek doen presies wat ek sou doen as die kamera nie op my was nie. Wat dit so spesiaal maak is dat niks aangeplak was nie en dat elke lag uit my maag uit was.”

Carmen het grootgeword in ’n familie wat gek is oor gospel- en countrymusiek. Sy het op die ouderdom van ses vir die eerste keer saam met haar oupa by ’n ouetehuisfunksie opgetree waar sy Sweef soos ’n arend gesing het.

Sy het op die ouderdom van 12 begin sing op feeste en funksies soos troues. Op universiteit het sy ’n nuwe kant van haar musiek en stem ontdek toe sy aan Sêr-kooroptredes deelgeneem het. 

Die hoogtepunt van haar loopbaan tot dusver was toe sy in 2018 aan die derde seisoen van The Voice SA deelgeneem en die wêreldbekende sangeres Lira haar stoel omgedraai het. Sy het ook die geleentheid gekry om by Lira te leer en om vir Riana Nel te ontmoet.

Sy was in die top-48 van The Voice SA (2019) en is terug gestem vir ’n moontlike plek in die top-17. Sy het ook vanjaar die top-20 van Maak My Famous gehaal.

Carmen sê plaaslik is haar grootste inspirasie die musikant Roan Ash. “Hy inspireer my en ek kan identifiseer met die tipe musiek wat hy maak. Dit is ook my droom om eendag in Nashville te kan optree, soos hy reeds het.”

Haar emosies en die dinge waardeur sy of mense na aan haar gaan, inspireer haar om liedjies te skryf wat mense hoop gee en laat voel dat hulle nie alleen deur iets gaan nie.

“Ek wil graag mense ‘gesond’ maak met my musiek op dieselfde manier as wat musiek my ‘gesond’ gemaak het.”

Countrymusiek is haar gunsteling genre en sy beskryf haar stem as “ou country soul”. Kunstenaars wat ‘n groot invloed het op haar musiekstyl het is Lauren Alaina, Carrie Underwood, Gabby Barret. Plaaslik luister sy graag na Riana Nel.

Sy verklap dat sy elke aand slaap met reëngeluide en sagte klaviermusiek. “Ek kan letterlik nie daarsonder nie,” bieg sy.

Die musiekbedryf het haar geleer dat dit belangrik is om haarself te bly, hard te werk en aan te hou deurdruk. Sy het ook geleer dat sy nie haarself met ander kunstenaars en mense moet vergelyk nie.

Sy skryf tans haar eie musiek wat sy graag in die nabye toekoms wil uitreik.

As sy enige ander beroep moes kies sou sy graag ’n aktrise wou wees.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.