FOTO: Verskaf
Vincent Gordon is terug met nog ’n treffer wat beloof om oud en jonk aan’t dans te kry en sommer vinnig in luisteraars se harte gaan klim met sy tydlose ritmes en lirieke.
Mechanic wat vroeër vandeesmaand vrygestel is, is ’n country-popliedjie wat ook as boermusiek geklasifiseer kan word. Vincent is veral bekend vir sy dansmusiek en met die vervaardiging van die nuwe enkelsnit het Vincent steeds sy kenmerkende dansstempel afgedruk.
“Ek wou nog altyd ’n country-pop/boeremusiek styl gedoen het, en country het my deesdae baie inspirasie gegee om die liedjie te skryf en te vervaardig,” vertel Vincent.
Luister na ’n voorskou hier:
Vincent is veral bekend vir liedjies soos Stap soos Karlien, Laat die dansvloer stamp (met Dirk van der Westhuizen), Sweet (met Elvis se Seun) en sy meer onlangse saamwerking Tiek Tok (saam met Die Flooze). “Mense sal net lekker lyf kan skud op die nommer, die woorde is ‘catchy’ en word positief oorgedra,” verduidelik Vincent.
Die enkelsnit is lighartig, tydig en beslis iets wat deur almal geniet sal kan word. Met Vincent se “cool” styl en die lekker ritme om net lekker litte te skud.
- Mechanic is nou op digitale musiekplatforms soos Apple Music, Deezer en Spotify beskikbaar.