Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Johan Anker inspireer met nuwe liedjie, ‘Soldaat’

Redaksiespan4 Oktober 2020
FOTO: Willem Botha
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Kort op die hakke van sy vorige liedjie en musiekvideo My Arms verras Johan Anker nou weer met nog ’n sielvolle nuwe liedjie Soldaat, wat ook as ’n musiekvideo uitgereik word.

“Ek het Soldaat in 2012 geskryf toe ek ’n student in my tweede jaar was. Ek het op daardie stadium deur ’n moeilike tyd gegaan en toe besef om liedjies te skryf help my om uiting aan my emosies te gee en die proses is baie helend,” vertel Johan.

Soldaat het egter vir ’n paar jaar stof gegaar totdat Johan die liedjie in 2018 by die Ritmia Gemeente in Ruimsig, Johannesburg, tydens ’n jeugaand gesing het. “Ek het die aand baie positiewe terugvoer ontvang en besef dat my eie persoonlike ervaring ook ander mense kan inspireer en hoop gee.”

Die lirieke van Soldaat kom alles uit Johan se pen, buiten die refrein: “Ek is nie ’n stapsoldaatjie nie” wat uit die Jeugsangbundel kom. Johan, wat voltyds skoolhou, het in Maart, kort voor die inperking Soldaat by die vervaardiger Sean Butler opgeneem.

Hoewel hy Soldaat ’n paar jaar gelede geskryf het, meen hy dat die liedjie veral in hierdie moeilike en uitdagende tye van die Corona-virus nou opnuut vir hom splinternuwe betekenis het. “Dit herinner my daaraan dat die Here jou deur soveel gevegte dra, maak nie saak voor watter Goliat jy te staan kom nie. Daar’s altyd hoop — selfs in hierdie moeilike tye wat baie mense hul werk verloor en baie mense nie brood op die tafel het nie,” sê Johan. Hy voeg by: “Maak nie saak watter lewenstryd jy moet trotseer nie, die Here gee jou krag om daardie oorlog te veg. Ek hoop ook die boodskap sal ook vir luisteraars betekenis hê,”

Die musiekvideo Soldaat word dieselfde dag as die liedjie vrygestel. Johan het saam met Fokkid-media aan die konsep gewerk en die video is by Zwavelpoort buite Pretoria op oop vlaktes verfilm. “Ek dra eers khaki-klere in die video om die konsep van ’n soldaat wat die oorlog of lewensstryd op eie houtjie probeer voer, uit te beeld. Die heuwels versinnebeeld die opdraandes in die lewe.

Aan die einde van die video breek die sonsopkoms deur en dit is weer ’n simbool van ’n nuwe dagbreek en dat ek my stryd in die Here se Hande oorgee wat altyd beheer is. Die wit T-hemp simboliseer weer die vrede wat ek in my gemoed ondervind.”

Kyk die musiekvideo hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’
Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Ryk Kleinhans herinner luisteraars aan die krag van stil oomblikke

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.