Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Afrikaans Oppi Platteland kom in 2026 na Kaapstad én Pretoria!

    28 Augustus 2025

    Afrikaans Oppi Platteland kies koers Pretoria toe

    5 Junie 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Nathan Smith: Here’s To The Now
Resensies

Nathan Smith: Here’s To The Now

Leoné Prinsloo, Fanie Nel21 September 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

NATHAN SMITH (2020)

80%
80%

Ná bykans tien jaar is Nathan Smith se lang verwagte derde ateljee-album, Here’s To The Now, onlangs vrygestel en dit beloof om luisteraars met nuwe oë na die lewe te laat kyk. Dit volg op die uitreiking van sy debuutalbum, Songs From A Diary, in 2006 en sy eksperimentele album, The Nathan Smith Project – The Sum Of All Things, wat hy in 2009 saam met Mark Heydenrych, Paddy Smith en Kyle Rutten vrygestel het.

Hierdie gesoute kitaarspeler het ook met sy betrokkenheid as sessiemusikant by projekte soos Huisgenoot Skouspel, Afrikaans is Groot, Noot Vir Noot, The Voice SA, Idols SA, Dancing With The Stars SA en Strictly Come Dancing SA groot sukses behaal. 

Die kunssinnige album omslag deur Warren Krige vertoon Nathan waar hy met sy geliefde kitaar na die grond agter hom staar. Dit word deur verskeie graffiti-ontwerpe gekenmerk om hierdie album se genre, asook inhoud, netjies en eenvoudig op te som: 80’s rock-blues! Hierdie album bestaan uit 12 oorspronklike snitte wat almal uit Nathan se eie pen gebore is.

Die titelsnit, Here’s To The Now, handel oor die gejaagdheid van die lewe wat veroorsaak dat ’n mens soms só vasgevang raak in dit wat jy nou doen dat jy in die proses ander ervarings langs jou lewenspad kan misloop. Die eerste enkelsnit, Closer, is ’n gospel lied waarin Nathan sy dankbaarheid teenoor sy Skepper vir sy onvoorwaardelike liefde en genade uitspreek ten spyte van die sameleweing se druk op hom om hard te werk en bo uit te kom. Die tweede enkelsnit, Decisions, wat ’n alternatiewe blik op die liefde en verhoudings bied, vertel hoe jy vir iemand wag om op jou gevoelens te reageer, terwyl jy nog besig is om jou wonde te lek ná ’n vorige verhouding.

Aiden, ’n emosionele huldeblyk aan sy gelyknamige susterskind wat op twee-en-twintig-jarige ouderdom binne slegs 8 maande oorlede is weens ’n outo-immuunsiekte waarmee hy gediagnoseer is, dra hy op aan alle ouers wat al kinders aan die dood moes afstaan. Ander potensiële treffers sluit in The Investment, Running Out Of Control en Plastic Man.

Nathan se uitmuntende kitaarvernuf en klavierspel op elke snit word deur belangrike bydraes van musikante soos Jason Moser op dromme en Leon Janse van Rensburg op baskitaar ondersteun. Die album se sukses kan egter ook toegeskryf word aan Nathan wat saam met Robin die vervaardiging en meng daarvan behartig het, sowel as Rogan Kelsey wat vir die meester daarvan verantwoordelik was. 

Met hierdie album slaag Nathan ongetwyfeld daarin om die sprong vanaf sessiemusikant na volwaardige solo-kunstenaar te maak, waardeur sy talent as ’n liedjieskrywer perfek ten toon gestel word. Dit beloof om luisteraars op ’n spirituele musikale reis mee te voer, wat hulle soos ’n wipplankrit van een emosie na die volgende sal stuur deur hulle perspektief op die lewe en alledaagse probleme te vernuwe. Here’s To The Now, met sy opgewekte rockklanke, sielvolle blues melodieë en akoestiese folk-aanslag, sal beslis aanklank vind by enigeen wat daarna smag om empatie op ’n dieper vlak te beleef.

Leoné Prinsloo, Fanie Nel

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies
95
Bernice West: Net Geleen

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Anzelle breek die ‘reëls’ met nuwe dansvloer-treffer

9 Maart 2026

Nóg ’n liedjie vanaf Jo Black se opkomende EP

9 Maart 2026

Dans op Alweer Dian se voete met nuwe enkelsnit

9 Maart 2026

Bibi stel kragtige nuwe enkelsnit ‘ASPRIS’ vry

6 Maart 2026

Riaan Benadé terug met kragtige nuwe enkelsnit ‘Kattebak’

6 Maart 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.