Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Werner Loots sing oor ‘Suid-Afrika’ in debuutenkelsnit

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Facebook

Werner Loots se debuutenkelsnit, Suid-Afrika, is onlangs vrygestel. Dié liedjie verwoord, met intense emosie die hart van iemand wat sy land só liefhet, dat hy nie anders as om daaroor te sing nie.

Werner het van kleins af al ’n groot passie vir sing en musiekmaak. Gedurende sy skooljare in DF Malherbe Hoërskool in Port Elizabeth, het hy as tenoor in die OP-Jeugkoor gesing. Hy onthou nog helder sy eerste duet-optrede op skool saam met sy suster, die bekende aktrise Tinarie van Wyk-Loots. 

Tydens sy studentejare aan die Universiteit van Port Elizabeth (nou die Nelson Mandela Universiteit) was hy lid van die bekende Junita Lamprecht van Dijk se UPE-koor wat wyd binne en buite Suid-Afrika opgetree het. Dit was hier waar hy in 1997 as eerstejaarstudent en lid van die groep Akoestiek deurgedring het tot die semi-finaal van die ATKV Crescendo-kompetisie. In 2016 skryf Werner in vir X Factor UK (Die Britse realiteits-televisie sang kompetisie geskep deur Simon Cowell) en kry ’n “producers call-back”, maar weens omstandighede kon by nie verder daaraan deelneem nie.

Nadat Werner as tiener vir Shelley Barnes in Port Elizabeth ontmoet het, verhuis hy in 2000 na Kaapstad om nader aan haar te wees en verwerf ook in dié tyd ’n B Comm (Hons) aan die Universiteit Stellenbosch. Daarna betree hy die advertensiewêreld en werk by die maatskappy Ogilvy in Kaapstad. Oor die volgende tien jaar werk hy in verskillende hoedanighede in Suid-Afrika en Engeland in die advertensiebedryf. In 2010 het hy en sy gesin na Suid-Afrika teruggekeer waarna hy die volgende vyf jaar ’n geestelike bediening beoefen en die graad MTh (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het.  

Werner se passie vir musiek en sing het deur al die jare behoue gebly en só ook sy droom om meer uiting aan hierdie talent van hom te gee. 

Dit was tydens sy laaste jaar in Londen waar hy en sy gesin ses jaar lank gewoon het, waar die liedjie Suid-Afrika gebore is. Werner het sy land en haar mense so gemis dat hy sy emosies en passie vir Suid-Afrika begin neerpen en dadelik ook getoonset het. Die tyd in Londen was vir hom emosioneel gesproke ook ’n soort “lock-down” weg van sy vaderland, sy kultuur en alles wat bekend en veilig gevoel het. Hy het die liedjie informeel opgeneem waarna dit met die trek na Suid-Afrika voorlopig in sy onderste laai beland het.  

Hier het sy neef  William Wolf, ’n SAMA- genomineerde en goud- en platinum liedjieskrywer, -sanger en -vervaardiger, hom verlede jaar geïnspireer om die liedjie op te neem en uit te reik.  

Werner is baie opgewonde om sy musiek met een en almal te deel. “Ek is so bly om my debuut-enkelsnit Suid-Afrika met julle te deel. Ek dra dit graag op aan alle Suid-Afrikaners regoor die wêreld. Ek sal graag van nou af meer gereeld nuwe musiek wil skryf en vrystel.” 

Suid-Afrika is in Januarie vanjaar opgeneem en die musiekvideo daarvan is ’n paar maande later tydens die inperkingstyd in Suid-Afrika uitgedink en vervaardig. Met die inperking moes Werner kreatief dink hoe om ’n video saam te stel wat die emosies wat die land by mense opwek, sal uitbeeld. Hy het besluit om die hulp te vra van mense regoor Suid-Afrika om te help met beeldmateriaal. Danksy vriende en kennisse  − en wildvreemdes wat gehelp het met nuwe en bestaande beeldmateriaal van regoor SA – en die wonder van tegnologie, kon die video in ’n betreklik kort tyd saamgestel word. 

Kyk die musiekvideo hier:

Die bekende sanger en liedjieskrywer Jannie du Toit sê daarvan: “Dis vir my ’n mooi liedjie – die tema is mooi bedink en die teks is goed geskryf. Werner se stem is regtig ook vir my besonder mooi.” 

Die bekende Afrikaanse gospel-sanger en liedjieskrywer Jan de Wet sê: “Werner Loots se lied oor ons besondere en pragtige land verklank wat baie mense in hulle harte voel. Die opname is goed, die verwerking kontemporêr en goed gedoen en dra saam met hierdie nuwe stem die boodskap van liefde vir ons land, Suid-Afrika. Ek glo baie mense gaan dit baie geniet om na hierdie mooi komposisie te luister.”

Werner en sy vrou, dr Shelley Loots, en hul kinders Ben (13) en Josie (10) woon tans in Hermanus.

Suid-Afrika is nóú op digitale musiekplatvorms beskikbaar. 

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.