FOTO: Collected Pixels
Dit gebeur nie gereeld waar beide partye in ’n huwelik die geleentheid kry om hul drome in die musiekbedryf voltyds na te streef en boonop suksesvol genoeg te wees met hul kuns om ’n gerieflike lewenswyse daarmee te kan geniet nie. Een van die gelukkige paartjies wat egter deur hul voorbeeld getuig dat dit wel bereik kan word, ook in Suid-Afrika, is die gewilde duo Lourens en Esté Rabé (Bottomless Coffee Band), wat die lewe ten volle beleef as die uiters gewilde musikante wat welbekend vir die vele musiekinstrumente wat hul bemeester en ten toon stel. Hul voortdurende ontwikkelende opnames kombineer hul unieke verskeidenheid van talente met liedjies oor die lewe, liefde, blues en soveel meer.
Bekend vir hul gewilde en vermaaklike konserte, het dit als begin toe hulle as jong studente mekaar by die Universiteit van Stellenbosch ontmoet het. Soos baie dit beskryf, kan hul optredes slegs as elektries beskryf word, en dit jou herinner aan die goeie ou dae toe Johnny Cash en June Carter teaters met musiek gevul het, wat bestaan uit beide vermaaklike en unieke eienskappe.
Esté voeg by: “Ons is baie lief vir instrumente; ons is gedurig op soek na interessante klanke om by te voeg. Tans speel ons 12 instrumente tussen die twee van ons, en met die beskikbare tegnologie van die moderne lewe, stel dit ons in staat om met dieselfde klank as die van ’n volledige band te kan optree.”
Nie net het Lourens en Esté Rabé (Bottomless Coffee Band) vele nasionale toere na elke buitewyk van ons eie land geniet nie, maar hulle het ook internasionaal opgetree, soos by die Edinburgh Fringe Festival in Skotland, bo en behalwe ander in België, Nederland, Namibië en die Verenigde Koninkryk.
In 2018 is hul tweede album Anthelia vrygestel, vervaardig deur Theo Crous van die legendariese Springbok Nude Girls, wat gevolg het op hul 2014-vrystelling Room With A View; ’n onbetwisbare gunsteling van enige versamelaar wat net die beste uit die beste musiek beskikbaar met trots ten toonstel.
As hy oor hul musiek praat, ’n magiese kombinasie van Engels sowel as Afrikaanse snitte, sê Lourens: “Al die liedjies word soos jou kinders – elkeen het ’n eie persoonlikheid en moet ook op hul eie manier hanteer word. Elke liedjie verklap ’n bietjie meer oor wie jy is, en sommige verras jou en het ’n baie groter invloed op jou as andersom; net soos met enige nageslag.”
Hul derde vrystelling vertoon dit perfek as ’n versameling van ’n reeks liedjies genaamd “Sitkamer Session” op YouTube. “Ons het hierdie konsep twee jaar gelede geskep. Die idee het ontstaan uit die behoefte om die musikante en liedere wat ons op ons musiekreis geïnspireer het, te vereer,” sê Lourens. Esté voeg by: “Die algemene woord vir hierdie konsep is natuurlik bekend as ’n ‘cover’ van ’n reeds bestaande liedjie, maar vir ons was dit veel meer as net dit; dit was ’n proses om regtig dieper te delf in die legendariese werk van die kunstenaar en om met die liedjie te werk asof dit ’n kosbare porseleinstuk was. Uiteindelik het ons video’s van die liedjies in ons sitkamer verfilm, wat die naam verduidelik.”
Kyk die musiekvideo hier:
En al hierdie filosofieë en gedagtes word vasgevang deur Lourens en Esté Rabé (Bottomless Coffee Band), soos hulle een na die ander unieke, dikwels onverwagse teenoor hul vorige musiek, liedjie vrystel oor watter insigte die lewe op daardie tydstip aan hulle verskaf het. Hul doel is egter altyd om gedagtes te inspireer deur hul musiek wat daartoe lei om te verenig en die geestelikheid van elke individu te verhoog. Alhoewel hulle die afgelope 9 jaar hard gewerk het om ’n beskeie vorm van sukses te behaal, weet hulle dat hul nog net die oppervlak begin skraap het om Suid-Afrikaanse musiek na meer mense en verder in die wêreld in te neem. Dit sluit brawe sosiale politieke liedjies met ’n unieke plaaslike geur, gehoor-gunsteling kragballades en hoendervleis-kry liefdesliedjies in. Hulle klank is ’n kombinasie van pop en rock met ondertone van klassieke klanke – en sal jou laat dans, glimlag, huil en saam sing, alles in die sangreis van die paartjie se lewenservaring.
Behalwe dat hulle ’n voltydse toergroep is, glo Lourens en Esté ook daarin om hul musiek en vaardighede te gebruik om hul gemeenskappe en land op te hef. Dit het gelei tot hul betrokkenheid as ambassadeurs en beskermhere vir verskillende organisasies, ondermeer MAD (Make a Difference Leading Foundation, Francois Pienaar) en CCFA (Community Conservation Fund Africa, Mantin Collection).