FOTO: Verskaf
Ray Dylan is jare lank al stewig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gevestig. Hy glo egter sterk in vernuwing en kontinuïteit. Ray slaag altyd daarin om mense te vermaak en sy nuutste album, Country Vibes, is ’n sprekende voorbeeld van sy toewyding aan sy lojale aanhangers!
Country Vibes bestaan uit 19 liedjies. Snitte soos Forever Young, Santa Maria, Beautiful War en Stuck on You om slegs ’n paar te noem is op die album ingesluit – nie almal noodwendig eg country nie, maar met ’n baie duidelike country-aanslag – soos net Ray Dylan kán!
Kyk die musiekvideo vir Forever Young hier:
Hy is een van die veelsydigste sangers in die bedryf. Hoewel hy tans ook ten opsigte van produksies en promosies diversifiseer, gebruik hy steeds sy geseënde stemtalent. Ray kry dit keer op keer reg om sy aanhangers met sy unieke stem en ongelooflike talent met die kitaar, elektries en ander, geïnteresseerd te hou. Hy beskik oor ’n geweldige wye repertoire.
In sy begin jare het hy by baie verskillende venues opgetree. Hierdie harde werk het in goue en selfs dubbelplatinumstatus-treffers en-albums gekulmineer. Deesdae is hy bekend as een van die min kunstenaars wat verskeie genres bemeester het, insluitend country-liedjies. Liedjies wat geensins enige bekendstelling verg nie, is treffers soos Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ’n Boerehart, Angel-face, You’re my everything, Vir ewig jonk, Uitbasuin en Hier teen jou lyf.
As dit wat deur jou are vloei nog altyd country- musiekbloed was, is Ray se nuwe album ’n absolute moet-hê!
Country Vibes is nou beskikbaar! Hierdie album beloof om net soveel genot soos enige van sy ander werke te verskaf.