FOTO: Verskaf
Elandré keer op publieke aanvraag terug na Tsogo Sun se gewilde Mykonos Casino op Vrydag, 31 Mei 2019 by die Athene konferensie saal.
Dié sanger, wie op sosiale media ontdek is, en ’n platekontrak van Select Musiek ontvang het tydens ’n radio-onderhoud op Bok Radio 98.9FM se debuut-album, Kleindorp-Dromer is in 2017 uitgereik.
Elandré se konsert, wat om 20:00 begin, beloof om ’n onvergeetlike aand te wees en aanhangers gaan getrakteer word met pop, rock en country klanke met ’n effense alternatiewe klank.
Konsertgangers kan veral uitsien na sy Bruce Springsteen ververwerking van Tougher Than The Rest, Josh Turner se Your Man, Eendag, Honderd Duisend Maal en die hartroerende Stilte voor die Storm.
“Dis Elandré se tweede keer by Mykonos en ons is verheug om hom weer op die verhoog te hê. Sy ongelooflike talent en mooi stem gaan beslis ’n treffer wees,” sê Natasha Brand, Mykonos Casino se bemarkingsbestuurder.
Kaartjies vir die konsert kos R100 per persoon. Kaartjies is beskikbaar by die Casino se kliënte diensstasie of aanlyn by www.mykonoscasino.co.za.
Belonings kaarthouers kan tot 20% spaar op kaartjies. Vir meer besonderhede oor ander vertonings, klik hier.