Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Afrikaans Oppi Platteland kom in 2026 na Kaapstad én Pretoria!

    28 Augustus 2025

    Afrikaans Oppi Platteland kies koers Pretoria toe

    5 Junie 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Jauni M sing country-pop soos ‘niemand anders’ kan!

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

Jauni M beskryf haar eerste solo-enkelsnit, Niemand Anders, as ’n country-popsnit met ’n rock-ondertoon en dit pas perfek by haar unieke stem, wat spesifiek vir hierdie genre gemaak is.

Dit is die eerste vrystelling vanaf haar debuut-album met dieselfde naam, waarmee sy binnekort die harte van Suid-Afrika gaan verower.

Niemand Anders gaan oor liefde, stry en saamstaan binne ’n verhouding. Hierdie opgewekte treffer is geskryf deur Zanda Traut en Deon Meiring en die sangeres meen dat mense van alle ouderdomme hierby sal aanklank vind en dat die lekker ritme hulle sal uitnooi om saam te sing en dans.

Luister hier na ’n voorskou:

“Dit gaan oor liefde en stry – daardie gevoel wat jy kry wanneer jy en jou ander helfte woorde het. Wanneer jy so lief is vir iemand, maak dit egter nie saak of julle argumenteer of kwaad is vir mekaar nie, want julle staan saam en kies mekaar elke dag. Liefde deur dik en dun,” verduidelik sy.

“Ek is getroud met die man van my drome en ons het ’n pragtige dogtertjie. Ons kry soms stry, net soos enige ander paartjie, maar ons leer altyd daaruit en ek sal my lewenspad saam met niemand anders wil stap nie.”

Daar word ook binnekort ’n musiekvideo van die snit vrygestel, maar hieroor wil sy nog nie te veel verklap nie… buiten natuurlik dat dit die mooiste liefdesverhaal gaan uitbeeld.

Haar eerste solo-album, wat hoofsaaklik oor liefde en die verskillende keuses wat daarrondom gemaak moet word, het ’n volwasse kontemporêre klank en is die resultaat van vyf jaar se harde werk. Dit spog met dertien snitte, wat die kunstenaar hoofsaaklik saam met Zanda Traut, Deon Meiring en Emill Struwig geskryf het, wat wissel tussen opgewekte lekkerluisterdeuntjies en dieper hartsmusiek.

“Hierdie is nie sommer net ’n gewone Afrikaanse popalbum nie, maar my storie in musiek. Al die liedjies het emosionele diepte en ’n spesiale betekenis. Die musiek is eerlik en gaan oor regte dinge wat in my of iemand wat ek ken se lewe gebeur het. Ons werk ook lekker as ’n span by Manley Studios en hulle het saam met my die pad gestap en help vorm aan die eindproduk en wat dit nou tans is,” deel sy.

Sonder Jou, ’n duet saam met Deon Meiring wat reeds speeltyd op die radio gekry het, sal ook op dié vrystelling beskikbaar wees.   Die album is vervaardig en opgeneem deur Sean Manley by Manley Studios.

Alhoewel sy nie regtig gunstelinge wil uitsonder nie, sê sy dat Sterre en Keuses haar baie na aan die hart lê omdat dit baie van haar eie lewe deel. “Dis gevul met emosie en gevoelens… hartseer en geluk. Dit is vir my baie belangrik om met lirieke ’n storie te vertel wat eg is. Die waarheid. Dis hoekom hierdie twee van my gunsteling-liedjies op die album is,” verduidelik die ster.

Jauni M woon in Parys in die Vrystaat saam met haar man en dogtertjie. Haar liefde vir sing is reeds op ’n jong ouderdom gebore en sy was van kleins af mal daaroor om haar huismense te vermaak met liedjies. Sy is ’n avontuurlustige mens, met ’n waaghalsige streek en voorliefde vir aktiwiteite wat haar hart vinniger laat klop. Die brunet is al vir tien jaar doenig in die musiekbedryf en het al die voorreg gehad om saam met groot name te werk, soos Ruhan du Toit van Touch of Class.

Wanneer sy nie op die verhoog is nie, bestuur sy en ’n vriendin ’n winkel in Parys met die naam Fish2Feet. Sy is ook tans doenig met die reël van die Innikoepel Fees, waar sy en kunstenaars soos Kwaggabees, Roan Ash en vele meer gaan optree. Jauni het ’n groot liefde vir skubaduik en as sy nie ’n musikant was nie, sou sy graag ’n duikinstrukteur wou wees.

Die sangeres het groot bewondering vir plaaslike sangers soos Riana Nel en Roan Ash en internasionale sterre soos Pink, Little Big Town en Sugarland. Brandi Carlile, Bryan Adams, Daughtry en Ward Thomas, met hulle country-rock-aanslag, het almal ’n invloed gehad op haar eie musiekstyl.

Hierdie meisie van die platteland glo dat jy hard moet baklei vir wat jy wil hê in die lewe en dat jy nooit moet opgee op jou droom nie. Sy het nog baie planne vir die toekoms en hoop dat luisteraars hulleself sal vind in die stories van haar musiek. Niemand Anders is maar net die begin van ’n lang, kleurvolle loopbaan wat op hierdie talentvolle kunstenaar wag.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Anzelle breek die ‘reëls’ met nuwe dansvloer-treffer

Nóg ’n liedjie vanaf Jo Black se opkomende EP

Dans op Alweer Dian se voete met nuwe enkelsnit

Bibi stel kragtige nuwe enkelsnit ‘ASPRIS’ vry

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Anzelle breek die ‘reëls’ met nuwe dansvloer-treffer

9 Maart 2026

Nóg ’n liedjie vanaf Jo Black se opkomende EP

9 Maart 2026

Dans op Alweer Dian se voete met nuwe enkelsnit

9 Maart 2026

Bibi stel kragtige nuwe enkelsnit ‘ASPRIS’ vry

6 Maart 2026

Riaan Benadé terug met kragtige nuwe enkelsnit ‘Kattebak’

6 Maart 2026
© 2026 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.