Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Adam Tas laat die ‘kêrels sit’ met sy nuwe album
Nuus

Adam Tas laat die ‘kêrels sit’ met sy nuwe album

Promosie14 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Adam Tas se growwe rasperstem en emosiebelaaide lirieke, het van dag een af diep kom nesskop in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers, en met sy nuuste album, Sit Kêrels, gaan hy beslis ’n paar nuwe aanhangers verwerf!

Sy negende ateljee-vrystelling, bou voort op die wenresep waarvoor hy bekendheid verwerf het, en is ’n album vol stories, hartsmusiek en humor. “Sit Kêrels is lekker lywig, met ’n paar snitte meer as gewoonlik. Dit kombineer verskeie genres, soos Rock ’n Roll en Blues, maar daar is ’n Folk-aanslag waarvan ek baie hou,” vertel die sanger. “Ou vriende is mense wat my laat tuis voel en dit is ook die sentiment wat ek met luisteraars wil deel wanneer hulle na my musiek luister.”

Volgens die kunstenaar, was hy en sy groot maat ‘Koekoes’ weer aan die stuur van die lirieke vir die nuwe CD, en het hulle besluit om die sielvolle snitte af te wissel met ’n humoristiese nommertjie of twee, soos Sit Kêrels, My Vrou Maak Tee. “Dis ’n sin waarmee Anton Goosen my laat lag het toe ons in Australië getoer het en ek het hom gevra vir toestemming om dit te gebruik vir ’n liedjie. Sy antwoord was natuurlik, ja,” verklap Adam oor die inspirasie agter dié komiese liedjie. Meyer le Roux was ook betrokke by die skryf van ’n paar van sy nuutste treffers.

Alhoewel hy nie gunstelinge wil uitsonder nie, erken hy dat Die Here Se Koms besonders is en hom na aan die hart lê, en dat die liedjie wat hy vir sy oorlede ma geskryf het, hom nostalgies laat. Hy meen ook dat Voëlverskrikker, en sy duet saam met Stella, Ek Is Ryk, die potensiaal het om treffers te wees. Laasgenoemde is pas vrygestel en speel reeds op al wat ’n radiostasie is. Dit is ’n volwasse kontemporêre snit uit die sangeres se pen, en gaan oor iemand wat moedeloos is oor die lewe en omstandighede, maar wanneer die persoon saam met ’n geliefde is, daal die besef neer dat die liefde ’n mens skatryk maak – en dit bring vrede. “Daar is vir my min dinge so lekker as om saam met iemand te werk met uitsonderlike hoendervleis-mooi talent soos Stella,” sê hy.

Alhoewel sing nie deel uitgemaak het van sy oorspronklike toekomsplanne nie, het ’n groot fietsongeluk sy paaie met sy regte lewenspassie laat kruis. Sy loopbaan het van daar af ontwikkel en hy het selfs vir hom ’n plek losgesing in die Guinness Book of Records , toe hy op 41 verskillende plekke opgetree het binne 24-uur. Sy diep stem, unieke klank en warm verhoogpersoonlikheid het dadelik aanklank gevind by gehore van alle ouderdomme en sy musiek is goed ontvang deur radiostasies regoor die land.

Na agt suksesvolle albums (Memories In ’n Menthol, Springbok Radio, Ben Bicycle, Storm van Liefde, Man van Stof, Want jy is Boer, ’n Tas vol Cash en Patatas en Pyptabak), waarvan vier goue en drie platinumverkoopstatus bereik het, en verskeie radiotreffers soos Gaan Sê Vir die Angels, ’n Man Soos My Pa, Draadloos Dae en vele meer, het hy een van die gewildste sangers in die land geword. Adam het ook al opgetree by van die grootste konserte en feeste in die land, waaronder Huisgenoot Skouspel, en die verhoog met van die beste plaaslike talent gedeel.

Benewens sy sangloopbaan, is hy besig om sy vlerke te sprei as televisiepersoonlikheid, en was hy al aanbieder van twee groot kykNET-programme, Woema en Wild en Wragtig. Hy is ook een van die hoofkarakters in die fliek Spook van Uniondale, saam met André Swartz, Ivan Zimmermann en Tobie Cronjé, en sy enkelsnit, So Verlief, was deel van die fliek, Vrou Soek Boer, se klankbaan. As gekwalifiseerde wildbewaarder, stel Adam baie belang in wildteling en geniet hy die natuur en boogjag.

As jy hom pols oor sy toekomsplanne, verklap hy dat dit vir hom tyd is om op sy manier rustiger te raak. “Ek wil my kind sien lag en dans, dis al wat ek nodig het vir vrede in my hart. Ek wil boer, jag, visvang en so dan en wan ’n groot konsert hou,” gesels die ster. “Ek sit my hart en siel in elke album, en dié keer was geensins anders nie. Jy kan ’n stukkie van my siel verwag as jy na die album luister, want op elke vrystelling los ek ’n stukkie van my hart.”

Sit Kêrels is beslis ’n moet vir elke musiekliefhebber se versameling, ongeag of jou voorkeur is vir kuier of ernstig wees. Die kombinasie van betekenisvolle lirieke, besonderse melodieë en sy uitsonderlike stem, is net die regte bestanddele vir ’n album wat oor tien jaar steeds ’n gunsteling gaan wees. Adam Tas het die ongelooflike vermoë om mense met sy musiek saam te snoer, sy emosies eerstehands te laat ervaar en ‘n gevoel van rustigheid te skep… soos net ’n goeie ou vriend, met wie jy beoog om nog ’n lang pad te kan stap!

Met meer as 45-miljoen liedjies bied Apple Music ’n gratis 3-maande proeftydperk sonder verbintenis en is advertensievry. Apple Music is beskikbaar op iPhone en iPad en kan ook afgelaai word vanaf Google Play vir Android-toestelle.

Luister hier na Sit Kêrels op Apple Music:

Luister hier na die Adam Tas Essentials-speellys op Apple Music:

Promosie

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.