Wen Joe Foster se nuwe album en ’n dubbelkaartjie na die bekendstelling

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om ’n getekende eksemplaar van Joe Foster se nuwe album, Volgende Stap, asook ’n dubbelkaartjie na die bekendstelling daarvan los te slaan!

Drie jaar nadat die sanger en liedjieskrywer, Joe Foster, sy Ghoema-bekroonde albumHartklank vrygestel het, doen hy dit weer.

Hy vat as’t ware die ‘volgende stap’ met hierdie nuwe album. Alhoewel hy gedurende die twee albums reeds talle liedjies en projekte aangepak het, het hy gevoel dat die tyd nou reg is vir ’n volgende album.

Twee van die dertien liedjies op die album is reeds vrygestel en goed ontvang deur die publiek. Vrede Maak en Look Away, Joe se eerste Engelse snit, het sedert die uitreiking daarvan gereeld op treffersparades gekuier. Hierdie twee snitte is ’n lusmaker van wat aanhangers van die nuwe album kan verwag, wat vroeg in Augustus vrygestel word.

Aanhangers kan ook solank gereed maak vir Joe se volgende enkelsnit. Die snit, wat ook die titelsnit van die nuwe album is, is ’n lekker pop-dans liedjie wat verliefdheid en die stappe wat ons saam met mekaar wil vat, uitbeeld. “Ons wil altyd dieper beweeg in intimiteit met mekaar.Volgende Stap dryf daardie emosies wat so sterk navore kom wanneer ons saam met ons beter helftes is,” vertel Joe.

Die album word ook tydens ’n spoggerige bekendstellings-funksie vrygestel in Pretoria by die Rockwood Teater op 29 Augustus.

Jy kan ’n getekende eksemplaar van Joe Foster se nuwe album, Volgende Stap, sowel as ’n dubbelkaartjie vir die bekendstelling daarvoor losslaan.

Inskrywingsmetode:

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om ’n getekende eksemplaar van Joe Foster se nuwe album, Volgende Stap, asook ’n dubbelkaartjie na die bekendstelling daarvan te wen.

Inskrywingstydperk:

Inskrywings open Woensdag 15 Augustus om 09:00 en sluit Vrydag 24 Augustus om 09:00.

Prys:

’n Getekende eksemplaar van Joe Foster se nuwe album, Volgende Stap, asook ’n dubbelkaartjie na die bekendstelling daarvan.

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

– Die wenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna op Afrikaanse Musiek Nuus se webblad aangekondig word.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Wenners is verantwoordelik vir verblyf, sowel as vervoer van en na die konsert.

HIERDIE KOMPETISIE HET GESLUIT. DIE WENNER IS CHANELLE DU PISANI.