Wen ’n dubbelstel-gouesirkel kaartjie vir Jonk in Afrikaans

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om ’n dubbelstel-gouesirkel kaartjie vir Jonk in Afrikaans te wen!

Jonk in Afrikaans is ’n musikale pop-sokkie ekstravaganza, wat dié lente, in samewerking met Carnival City Sun International aangebied word. Elvis se Seun, Franja du Plessis, Chane Valentine, Dirk van der Westhuizen, Juan Boucher, Tussen Sterre, Irene-Louise van Wyk en Heidi is almal op die spyskaart.

“Dit gaan nie ’n tipiese Afrikaanse konsert wees waar elke kunstenaar twee of drie van hulle bekendste liedjies gaan sing nie – daar gaan duette en nog ander verrassings wees,” vertel die organiseerders.

Jonk in Afrikaans word op 20 Oktober 2018 by die Big Top Arena by Carnival City Sun International aan die Oos-Rand aangebied. Kaartjies is by Computicket beskikbaar en wissel tussen R120 en R150.

Jy kan ’n dubbelstel-gouesirkel kaartjie vir Jonk in Afrikaans losslaan!

Inskrywingsmetode:

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om ’n dubbelstel-gouesirkel kaartjie vir Jonk in Afrikaans te wen.

Inskrywingstydperk:

Inskrywings open Maandag 23 Julie om 09:00 en sluit Maandag 20 Augustus om 09:00.

Prys:

’n Dubbelstel-gouesirkel kaartjie vir die Jonk in Afrikaans-konsert.

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

– Die wenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna op Afrikaanse Musiek Nuus se webblad aangekondig word.

– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.

– Wenners is verantwoordelik vir verblyf, sowel as vervoer van en na die konsert.

HIERDIE KOMPETISIE HET GESLUIT. DIE WENNER IS BIANCA GROBLER.