Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Kuier saam met DZL by Musica en wen!

Promosie18 Julie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Francois Olivier

Die manne van DZL skop eerskomende naweek hul landwye Musica-toer af, waartydens lede van die publiek die geleentheid gegun word om saam met Andries en Wiaan te kuier, foto’s te neem en sommer ’n getekende kopie van hul nuwe album, Realiteit, kan aanskaf.

Die eerste stop op die toer is Saterdag, 21 Julie, by Musica Kolonade vanaf 11:30 tot 12:30 en die manne is slaggereed vir ’n groot kuier!

“Daar is vir ons niks so lekker as om tyd met ons ondersteuners en die publiek te spandeer nie. Wanneer mens optree kry jy geleentheid om na die tyd ’n paar handtekeninge uit te deel maar daar is nie regtig interaksie nie. Hierdie is vir ons ’n wonderlike geleentheid om bietjie tyd saam met ons ondersteuners te spandeer en hulle beter te leer ken,” vertel Andries.

Behalwe vir die lekker kuier kan aanhangers ook ’n groot prys losslaan. Om in aanmerking te kom vir die prys is heel eenvoudig: “As jy saam met ons by ’n Musica kuier, neem ’n foto met jou nuwe DZL-album en post dit op ons sosiale media blaaie. In die week na afloop van die in-store sal ons ’n wenner kies en daardie persoon wen ’n DZL-hamper en ook ’n uitnodiging na ’n baie spesiale DZL-dag in November,”verduidelik Wiaan.

HOU DIE SPASIE FYN DOP VIR GEREELDE OPDATERINGS EN WENNERS

Die manne van DZL het die week by Musica Kolonade gekuier. Die wenner vir die week van 21 Julie is die 13-jarige Ole Smith. Saam met Ole en DZL op die foto onder is sy sussie en Sya Potgieter, Andries se vrou, en DZL se bestuurder. FOTO:Verskaf

Roelien Pienaar is die wenner van DZL se besoek aan Musica in die East Rand Mall in Boksburg op 28 Julie. FOTO: Verskaf

Die manne het vandeesweek besoek afgelê by die Musica in die Mooirivier Mall op Potchefstroom. Mareli Smit is die wenner. FOTO: Verskaf

Die drie maande lange toer sluit besoeke op dorpe soos Pretoria, Boksburg, Middelburg, Nelspruit, Potchefstroom, Vereeniging, Hartebeespoortdam en Welkom in.

“Ons vergeet beslis nie van ander dorpe nie en sal ook later die jaar by die kusdorpe soos Port Elizabeth en Kaapstad ’n draai maak,” vertel Andries.

Die toer is daarop gemik om DZL se nuwe album, Realiteit, bekend te stel wat onlangs op die rakke verskyn het. Die tweede album bestaan uit ’n kombinasie van opgewekte deuntjies en hartroerende ballades en beloof om aanklank te vind by oud en jonk. Die tiensnit album bevat oorspronklike liedjies, waarvan twee deur die sangpaar self geskryf is, en sluit ook drie duette asook verwerkings van ou gunstelinge in.

LEES OOK: ’n Nuwe album sonder tierlantyntjies vir DZL

Die aanslag op DZL se nuwe album is vars en nuut en is beslis, soos ’n wafferse ontwerpersitem, iets waarsonder geen musiekliefhebber se versameling volledig sal wees nie.

DZL, wat teen die einde van 2015 gestig is, is nie jou gewone manssangroep nie, want hierdie twee talentvolle manne kan iets van alles doen. Beide is professionele modelle en het ’n groot hart vir die natuur en renosters.

Promosie

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.