Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Van Coke snoer kragte met rap, rock en hip-hop maats vir EP

FOTO: Andre Badenhorst

Die ikonies rocker, Francois van Coke, het ’n paar van sy vriende ingeroep vir ’n opwindende nuwe 4-snit EP.   

Die EP is ’n epiese samewerking met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, hip-hip musikant Early B en aKING voorman Laudo Liebenberg. Die vier kunstenaars op die EP is ook deel van die Francois van Coke en Vriende-konsert, wat op 15 September in die Sun Arena van Time Square in Pretoria, aangebied word.

KLIK HIER EN TEKEN DIE GELEENTHEID IN JOU DAGBOEK AAN

FOTO’S: Andre Badenhorst


Die EP spog met indrukwekkende snitte, wat wissel van rock tot punk en hip-hop – iets wat weereens Francois se diversiteit as kunstenaar bewys.

As jy ’n aanhanger van enige van die kunstenaars is gaan hierdie album beslis op jou speellys moet wees vir die res van 2018.

Francois van Coke en Vriende is nou op Apple Music beskikbaar.

Luister dit hier: