Super Naweek 2018: Kom fees saam in BBP-styl!
FOTO: Verskaf
Super Naweek is ’n splinternuwe Afrikaanse-musiekfees vir die hele familie aan die Noordkus van Suid-Afrika. Kom hou fees in ware BBP-styl met verskeie pakkette om van te kies en te keur.
VRYDAG: 22 JUNIE 2018
R695 per persoon
Kunstenaars: Dozi, Nadine, Pieter Smith
Wat sluit my pakket in?
- Toegangskaartjie.
- Vingerhappies met ’n persoonlike kelner. Klik hier om die spyskaart af te laai.
- Vier drankbewyse (bier, wyn, koeldrank met ’n standaard handelsmerk).
- Toegang tot ’n kontantkroeg vir wanneer jou drankbewyse uitgeput is.
- Toegang tot die eksklusiewe gasvryheidsdek, wat uitkyk op die verhoog en
pragtige see-uitsig. - Foto-opsies met die kunstenaars.
- Parkering.
- Deure open om 17:30 en sluit om 22:00.
SATERDAG: 23 JUNIE 2018
R995 per persoon
Kunstenaars: Ray Dylan, Dewald Wasserfall, Emo Adams, Kurt Darren, Die Campbells, Karlien van Jaarsveld
Wat sluit my pakket in?
- Toegangskaartjie.
- Vingerhappie-middagete van 13:00 – 14:30. Klik hier om die spyskaart af te laai.
- Buffet-aandete van 18:00 – 20:00. Klik hier om die spyskaart af te laai.
- Vyf drankbewyse (bier, wyn, koeldrank met ’n standaard handelsmerk).
- Toegang tot ’n kontantkroeg vir wanneer jou drankbewyse uitgeput is.
- Toegang tot die eksklusiewe gasvryheidsdek, wat uitkyk op die verhoog en
pragtige see-uitsig. - Foto-opsies met die kunstenaars.
- Parkering.
- Deure open om 13:00 en sluit om 20:00. (Hekke sal egter om 08:00 open – kom geniet die verskeie stalletjies, bergfietswedren, die strand en soveel meer).
Bespreek jou pakket deur ’n e-pos aan Brenda te stuur by brenda@innovational.co.za of skakel haar op 083 320 8867. Jy kan ook ’n aanlyn bespreking maak op iTickets. KLIK HIER OM JOU BESPREKING TE MAAK.